On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogtegeteisterde NK-boere voel positief

───   ELSABÉ RICHARD 13:53 Mon, 21 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Droogtegeteisterde NK-boere voel positief | News Article
File image

Boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap voel positief nadat weervoorspellers aangedui het dat goeie reënvooruitsigte op die kaarte is vir dié provinsie.


Luidens die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, is ‘n La Nina-fase voorspel, wat daarop dui dat die provinsie goeie reën sal ervaar vanaf November vanjaar tot Februarie volgende jaar. Hy sê hierdie voorspelling bring hoop vir boere in die provinsie. Jansen sê egter dat voorspellings nie droogtes breek nie en hy voeg by dat talle reënvoorspellings in die verlede nie gerealiseer het nie.

Die Vaaldam, Suid-Afrika se tweede grootste dam wat oppervlakte en vierde grootste wat volume betref, se watervlakke daal steeds. Die Departement van Water en Sanitasie sê in 'n verklaring dié dam se watervlakke het verlede jaar hierdie tyd op 57,6% gestaan, terwyl damvlakke nou op 36% staan. Ander damme wat vandeesweek 'n daling getoon het, sluit in die Grootdraai- en  Bloemhof-damme. Die Grootdraaidam se watervlak het van 78% tot 77,7% gedaal. Ten spyte van die afname, is die huidige vlakke van dié dam in 'n beter toestand in vergelyking met verlede jaar toe vlakke op 60% gestaan het. Intussen staan watervlakke van die Bloemhofdam op 94,4%. Die department doen 'n beroep op watergebruikers om pogings aan te wend om die waterbron te bewaar.

EN

Om bewustheid oor die gevare van hondsdolheid en die belangrikheid van inenting op te skerp, word Wêreldhondsdolheidsdag wêreldwyd elke jaar op 28 September gevier. Ernest Ngoepe van die Landbounavorsingsraad (LNR) sê die hoofdoel van hierdie dag is om bewustheid te kweek oor die impak van hondsdolheid op mense en diere, asook hoe maklik dit is om die siekte op te doen. Hy sê as daar na hondsdolheid in Suid-Afrika gekyk word, is honde die hoofbron van die siekte. Ngoepe sê dit kan egter deur middel van inentings voorkom word. Hy doen 'n beroep op troeteldiereienaars om die departement van landbou in hul streek te kontak en uit te vind wanneer 'n veldtog om diere teen hondsdolheid in te ent, van stapel gestuur gaan word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.