On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Brande kan voorkom word - VSSBBV

───   ELSABÉ RICHARD 11:22 Tue, 22 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Brande kan voorkom word - VSSBBV | News Article
Photo: OFM-nuus

Hierdie tyd van die jaar word gewoonlik gekenmerk deur brande wat duisende hektaar en eiendomme kan verwoes indien geen voorsorgmaatreëls getref word nie.


Hoofbestuurder van die Vrystaatse sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV), Johann Breytenbach, sê hulle het die afgelope naweek sowat 21 brande in die Oos-Vrystaat bestry. Hy het met OFM-nuus gesels oor hoe brande voorkom kan word, en die belangrikheid daarvan om ten alle tye voorbereid te wees vir ‘n brand.

EN

Die organisasie, Vriende van Landbou, het onlangs ‘n besonderse toep bekend gestel. Die toep, genaamd Posduif, is ‘n GPS-opsporingsplatform wat individuele in staat stel om hul familie- en gemeenskapslede tydens spesifieke geleenthede en situasies op te spoor. Gerhard Kriel van dié landbou-organisasie sê die toep stel mense in staat om in noodsituasies soos brande en plaasaanvalle te sien waarheen presies hulle moet gaan om hulp te verleen. Kriel sê Willem Grobler, wat ook deel is van die organisasie, het die toep ontwikkel as deel van ‘n praktiese oplossing om so ook die landbougemeenskap te ondersteun.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.