On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Faffa Malan bespreek parasiete by Nampo Virtueel

───   ELSABÉ RICHARD 12:14 Wed, 23 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Faffa Malan bespreek parasiete by Nampo Virtueel | News Article

Die probleem met sommige inwendige parasiete is dat dit nie gesien kan word nie. Dit is volgens veearts Faffa Malan.


Malan het tydens een van Nampo Virtueel se programme gepraat oor verskillende tipes inwendige parasiete en hoe dit die dier kan beïnvloed. Malan sê inwendige parasiete kom gewoonlik voor in die dier se spysverteringskanaal. Hy sê lintwurms is egter die enigste inwendige parasiet wat sigbaar is en kan in diere se mis gesien word. Hy verduidelik dat hierdie parasiete in verskillende kategorieë verdeel kan word, naamlik ronde-, plat-, lint- en slakwurms. Hy sê dit is belangrik om kennis te dra van hierdie parasiete omdat dit, ondermeer, tot gedeeltelike of algehele aptytverlies en vrektes kan lei.  

EN

Die landbou-organisasie Vriende van Landbou hou eerskomende Sondag ‘n virtuele nagmaal op hulle Facebook-blad. Hierdie nagmaal is vir landbouprodusente sowel as verbruikers. Gerhard Kriel van dié landbou-organisasie het met OFM-nuus gesels oor wat die tema van die nagmaal is en wat mense kan verwag tydens hierdie virtuele diens. Kriel sê die virtuele diens, wat Sondag 27 September om 11:00 begin, word deur die Vriende van Landbou-ondersteuningsnetwerk aangebied.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.