Agriculture
Landbounuus-podcast: Saai veroordeel Cele se uitspraak─── ELSABÉ RICHARD 14:55 Wed, 23 Sep 2020
Die organisasie wat die regte en belange van familieboere beskerm, Saai, het die uitspraak deur die Minister van Polisie, Bheki Cele, veroordeel.
Cele het Dinsdag ‘n Misdaad imbizo in Normandien in KwaZulu-Natal bygewoon ná die moorde op Glen and Vida Rafferty op hulle plaas in die omgewing einde verlede maand. Cele se uitbarsting ná ‘n vraag deur een van die boere wat die imbizo bygewoon het, het opslae in landbougemeenskappe regoor die land veroorsaak. Saai se uitvoerende hoof, Theo de Jager, sê die minister se reaksie kom nadat een van die boere wou weet wat boere moet doen as kommunale beeste in hulle lande ingejaag word en oeste vernietig. Hy sê Cele het egter nooit die vraag beantwoord nie.
Alle uitstaande aansoeke om waterlisensies moet binne 30 tot 60 dae afgehandel word. Dit is volgens Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu. Luidens Landbouweekblad het Sisulu hierdie opdrag aan die waarnemende direkteur-generaal van die department, Trevor Blazer, gegee. Daarmee saam het Sisulu ook opdrag gegee dat rekenpligtige amptenare in die departemente - wat agentskappe vir menslike behuising en waterrade insluit -onbetaalde fakture van groot en klein maatskappye in die bou-, water- en sanitasiesektor wat binne 30 dae betaalbaar is, moet betaal. Die departement het regulasies vir waterlisensies hersien nadat president Cyril Ramaphosa in Februarie opdrag gegee het dat waterlisensies vanaf 1 April binne 90 dae gefinaliseer moet word. Die departement se vorige voorgeskrewe tydperk om lisensies te finaliseer was 300 dae.
EN
Terwyl renosterstropery tot dusver vanjaar landelik met meer as die helfte afgeneem het, sê 'n natuurbewaarder dat die bevolking steeds in gevaar is. President van die Internasionale Veldwagtersfederasie, Chris Gallier, sê die afname is te danke aan die COVID-19-inperking. Maar hy sê dit bied ook 'n paar uitdagings. Gallier het Dinsdag, op die Wêreldrenosterdag, gesê as deel van die pogings tot bewusmaking van stroping moet daar klem gelê word op die belangrikheid van renosters vir die ekostelsel.
OFM-nuus
