Landbounuus-podcast: Pluimveeprodusente het fondse belê
ELSABÉ RICHARD
14:42 Fri, 25 Sep 2020
Landbounuus-podcast: Pluimveeprodusente het fondse belê | News Article
Plaaslike pluimveeprodusente het meer as die helfte van die fondse wat hulle aangewend het, belê as deel van 'n meesterplan om die bedryf uit te brei.


Volgens Bloomberg het verteenwoordigers van die regering en sektor in November verlede jaar die strategie vir die bedryf onderteken. Maatskappye het in daardie stadium hulself daartoe verbind om teen die einde van hierdie jaar R1,5 miljard in produksiegeriewe te belê en nog R1,7 miljard vir die oprigting van 50 kontrakboerderybedrywighede. Saam behoort die beleggings ongeveer 4 600 werkgeleenthede te skep. Ongeveer R1 miljard van die R1,7 miljard wat teen 2022 belowe is vir die uitbreiding, is reeds belê.

Intussen sê die Assosiasie van vleisinvoerders en -uitvoerders (AMIE) dit is verbind tot die pluimveemeesterplan en wil nie teen plaaslike hoenderprodusente baklei nie. Luidens Landbouweekblad het die assosiasie in reaksie op die berig “Hoendervere reggeskud vir oorlog oor invoer” gesê die drukgroep FairPlay se voortgesette verdraaiing van feite en pogings om onenigheid in die bedryf te saai, "is kwaadwillig en benadeel Suid-Afrikaanse verbruikers”. AMIE sê FairPlay se mees onlangse bewerings dat dit die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, wil ondermyn en die regering se besluit wil uitdaag om tariewe op hoenderinvoer in te stel, is ongegrond. AMIE sê hy is simpatiek jeens Patel se moeilike taak om die uiteenlopende behoeftes in die plaaslike hoenderbedryf te balanseer, en is daartoe verbind om hom te ondersteun om oplossings te vind wat die ekonomie sal bevoordeel, werkgeleenthede sal skep en verbruikers sal beskerm.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê alhoewel daar steeds ‘n styging in beespryse is, begin skaappryse stabiliseer. Hy sê produsente moet daarop let dat die duurste tyd vir handelskape verkoop gewoonlik die eerste week van Desember is. Speenkalwers, onder 200kg, het teen R42,04 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R39,33, en speenkalwers oor 250kg, teen R35,12 per kg verkoop het.



OFM-nuus



Related Articles:


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more