On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ontevrede Agri SA wil met Cele vergader

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:07 Mon, 28 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Ontevrede Agri SA wil met Cele vergader | News Article

Agri SA spits hom nou toe om so spoedig moontlik met die minister van polisie, Bheki Cele, en dan met pres. Cyril Ramaphosa oor landelike veiligheidskwessies te vergader.


Dit kom nadat Cele in sekere landbougeledere sterk gekritiseer word nadat hy verlede Maandag op 'n imbizo by Normandien in KwaZulu-Natal uitgevaar het teen Roland Collyer, voorsitter van die Normandien-landbouvereniging. Die Sondagkoerant Rapport berig Collyer het onder meer die situasie uitgelig rondom eisers van verblyfreg, wie se beeste op boere in dié gebied se grond wei, waarna Cele hom van arrogansie en 'n gebrek aan respek beskuldig het. Tommie Esterhyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike veiligheid,  sê dié tipe  woede-uitbarstings of neerhalende opmerkings deur Cele word geensins goedgekeur nie.  Hy sê dié imbizo, wat gehandel het oor landelike veiligheid het nou in 'n politieke debat ontaard en die land het dit nie nodig nie, want die probleem rondom landelike veiligheid moet opgelos word. Dit was Cele se tweede vergadering met boere nadat hy die gebied vroeër besoek het om na boere se probleme te luister nadat Glen en Vida Rafferty verlede maand op hul plaas doodgeskiet is.

EN

Wêreld Hondsdolheiddag word elke jaar op 28 September regoor die wêreld gevier. Hierdie dag word herdenk om mense bewus te maak van die gevare van hondsdolheid wat nadelige gevolge kan inhou as geen voorsorgmaatreëls getref word nie. Ernest Ngoepe van die Landbounavorsingsraad sê die hoofdoel van Wêreld Hondsdolheiddag is om die bewustheid te verhoog oor die impak van hondsdolheid by mense en diere, asook hoe maklik dit is om die siekte op te doen. Hy sê as daar na hondsdolheid in Suid-Afrika gekyk word, is honde die hoofbron van die siekte.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.