On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Troeteldiereienaars aangemoedig om inentings te doen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:50 Mon, 28 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Troeteldiereienaars aangemoedig om inentings te doen | News Article

Verskeie betrokkenes fokus vanjaar op 'n sosiale media-bewusmakingsveldtog ter viering van Wêreld-hondsdolheiddag wat jaarliks op 28 September plaasvind.


Dr. Mpho Maja, die nasionale direkteur van dieregesondheid by die Departement van Landbou, sê daar is op dié veldtog besluit omdat daar beperkinge is weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls. Die veldtog word deur die departement en belanghebbendes in veeartsenykundige geledere ondersteun. Sy sê troeteldiereienaars word hierin aangemoedig om veral hul katte en honde teen hondsdolheid in te ent. Maja het 'n inentingsveldtog in Parys in die Vrystaat bygewoon en sê hondsdolheid word deur 'n virus veroorsaak en dit raak alle soogdiere, wat die mens ook insluit. Die brein word aangetas. Sy sê daar is meer gevalle van hondsdolheid wat onder diere voorkom in sekere provinsies in die land. Volgens Maja is altesaam vier mense in die land vanjaar weens hondsdolheid dood.

EN

Moorde op plase in die land is reeds in 1998 as 'n prioriteitsmisdaad verklaar, maar daar is kommer oor hoe die hantering van dié misdryf toegepas word. Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike veiligheid, wat meen die polisie se siening daarvan, by monde van die polisieminister, Bheki Cele, is nie korrek nie. Hy sê volgens sy inligting het Cele al gesê moorde op plase en kleinhoewes word as 'n gewone moord of roof hanteer. Esterhuyse sê vordering word intussen gemaak met die instelling van die polisie se hersiende landelike beveilingstrategie. Esterhuyse sê daarmee saam is altesaam ses spesiale ondersoek-eenhede van die polisie in gebiede wat as probleemareas bestempel word, reeds gevestig terwyl daar ook nou gefokus word op 'n meer boere-vriendelike reservistestelsel. 'n Advieskomitee wat daarmee handel, is saamgestel.



OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.