On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vordering gemaak teen jagtogte met honde

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:10 Tue, 29 Sep 2020

Landbounuus-podcast:  Vordering gemaak teen jagtogte met honde  | News Article

Daar word vordering gemaak teen die gebruik van honde om vee en wild onwettig te jag.


Dit kom nadat daar 'n toename in voorvalle in veral die Vrystaat en die Oos-Kaap was. Tommie Esterhuyse, voorsiter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê 'n komitee is saamgestel en dié werkgroep  bestaan uit lede van die polisie en ander betrokkenes. Esterhuyse sê Agri SA dien ook op die komitee en daar word nou saam met die polisie in dié verband gewerk. Hy sê booswigte gebruik honde om wilde diere soos hasies en klein bokkies te jag, terwyl wedywering plaasvind. Daarmee saam sê Esterhuyse die instelling van die hersiende landelike beveiligingstrategie deur die polisie vorder ook met ses spesiale ondersoekeenhede wat gevorm is om misdrywe in probleemgebiede te ondersoek. Die daarstel van 'n meer boere-vriendelike reservistestelsel word nou ook ondersoek.

EN

Die uitvoer van lewendige diere na oorsese lande het tot groot omstredenheid gelei en dit bly ‘n sensitiewe saak. Dit is volgens Dr Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat, wat sy mening gee oor die uitvoer van rooivleis en hoe die mark gestimuleer kan word. Hy sê diereregte-organisasies het die uitvoer van lewendige diere veroordeel en die uitvoermarkte bly sensitief. Die konsep van nasporing, van plaas tot eindverbruiker, bly belangrik. Maré sê hoe diere hanteer word, gaan bepalend wees vir die sukses vorentoe.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.