On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere gewaarsku om diere teen koue te beskut

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:49 Wed, 30 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Boere gewaarsku om diere teen koue te beskut | News Article

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel sneeu in sommige gebiede van Suid-Afrika en boere word gewaarsku om hul diere sover moontlik in dié ysige toestande beskut te hou.


Volgens Snow Report SA kan sneeu later vandeesweek in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en gedeeltes in Mpumalanga voorkom.  Michael Nethavani, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê reën en kouetoestande kan wel Vrydag en Saterdag in die suidelike en oostelike dele van die Vrystaat voorkom. Sneeu word ook teen die naweek in Lesotho en ook by die Van Reenenspas in die verre oostelike dele van die Vrystaat verwag weens 'n koue front wat deur die land beweeg. Nethavani sê die kwik gaan teen Vrydag vinnig in gebiede in die suidelike en oostelike dele van die Vrystaat daal. Nethavani raai boere in dié gebiede waar erge kouetoestande verwag word, aan om, indien moontlik,  hul kuddes veilig te hou.

EN

Die regering moet sy bestaande aanslag nou heeltemal verander om met 'n reddingsproses vir Suid-Afrika te begin. Daarom doen TLU SA 'n ernstige beroep op die regering om die ekonomie  onmiddellik ten volle oop te stel en sodoende verdere verliese  aan werksgeleenthede in die land te voorkom.  Dit kom nadat Statistieke SA  bekendgemaak het die land se werkloosheidskoers is op 42% vir die tweede kwartaal van die jaar. Werkloosheid het met 2,8 miljoen tot 4,3 miljoen afgeneem, terwyl die getal mense wat werk het, met 2,2 miljoen tot 14,1 miljoen gedaal het  teenoor die syfers in die vorige kwartaal. Die president van TLU SA, Henry Geldenhuys, sê hoewel daar 'n afname in die werkloosheidsyfer was, het Stats SA self erken dit dui geensins op 'n verbetering in die arbeidsmark nie, maar dit is 'n resultaat van die Covid-19-inperkingstydperk.  Hy sê dit sal 'n geruime tyd neem om die totale invloed van die volgehoue inperkingstydperk op die land se ekonomie te bepaal en daarom moet die regering sy aanslag drasties verander. Daarmee saam is dit goeie nuus dat die landboubedryf die kleinste aantal verliese getoon het met 'n afname van slegs 7,6%.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.