On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister gee terugvoer oor staatsgrond

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:23 Thu, 01 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Minister gee terugvoer oor staatsgrond | News Article
File image: Gallo

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het vanjaar reeds meer as 135 000 hektaar staatsgrond aan 275 boere beskikbaar gestel.


Dit is volgens landbouminister, Thoko Didiza, wat op 'n mediakonferensie in Pretoria terugvoer gegee het oor die departement se vordering in dié verband sedert pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging in Februarie vanjaar. Ramaphosa het in sy vierde staatsrede in die Parlement aangekondig dat die regering vanjaar sowat 700 000 hektaar staatsgrond vir landbouproduksie sal vrystel. Volgens Didiza is 500 hektaar grond al in die Vrystaat beskikbaar gestel.  In Gauteng is 929 hektaar, in KwaZulu-Natal meer as 4 900 hektaar, in Limpopo meer as 32 000 hektaar en in Mpumalanga meer as 50 400 hektaar vrygestel. In Noordwes is 46 000 hektaar staatsgrond aan boere verskaf.  Didiza het sê meer staatsgrond gaan spoedig beskikbaar gestel word. Volgens Didiza sal meer as 3 600 hektaar grond in KwaZulu-Natal, meer as 121 500 hektaar in Limpopo, en meer as 40 000 hektaar grond in Mpumalanga vrygestel word. Meer as 12 200 hektaar sal in die Noord-Kaap en 300 000 hektaar staatsgrond sal in Noordwes vrygestel word. Daar is nie staatsgrond in die Wes-Kaap beskikbaar nie.

Die Covid-19-pandemie hou nou vir meer Suid-Afrikaners 'n bedreiging van kosnood en hongerte in. Gillian Le Cordeur, uitvoerende hoof van die Instituut van Risikobestuur in Suid-Afrika (Irmsa), sê nog voordat dié pandemie sy kop uitgesteek het, het miljoene Suid-Afrikaners daagliks honger gely. Sy meen die humanitêre aspek van honger mense kan nie geïgnoreer word nie en die indirekte ekonomiese impak daarvan kan 'n land op sy knieë dwing. Volgens haar toon die Verenigde Nasies (VN) se voedsel-en-landbou-organisasie dat die impak van ondervoeding op die wêreldekonomie, wat vetsug insluit, is sowat 3,5 duisend miljard dollar per jaar. Le Cordeur meen dit is daarom van groot belang om nou 'n helpende hand aan te bied en inisiatiewe soos FoodForward SA te ondersteun. Dié inisiatief fokus daarop om eetbare oortollige kos uit die voorsieningsketting te gebruik en aan behoetiges te verskaf. Danksy voedselskenkings kos dit FoodForward slegs R0,85 om 'n maaltyd te voorsien. Dit word aan kwesbare groepe soos kinders, vroue en jeugdiges verskaf.

EN

Die voorsitter van die wynbedryfsliggaam Vinpro, Anton Smuts, is op die Suid-Afrikaanse Jongwynskou vir sy waardevolle bydrae tot die Robertson-wynvallei vereer. Smuts het op dié eerbewysgeleentheid op die De Wetshof-landgoed die gesogte Pon van Zyl-trofee ontvang.  Smuts is 'n suksesvolle boer in eie reg, en dra die belange van wyprodusente asook die breë gemeenskap van jongs af op dié hart. Johann de Wet van De Wetshof het tydens die eerbewysgeleentheid gesê Smuts wy sy loopbaan aan die groei van die bedryf en die feit dat hy altyd vir 'n beter prys by die plaashek beding. Sy betrokkeneheid by die bemarking van die streek word ook geloof. Smuts is sedert 2004 Vinpro se direkteur in die Robertson-streek en is in 2016 tot voorsitter verkies. Die Suid-Afrikaanse Jongwynskou bied sedert 1833 aan wynmakers die geleentheid om die beste wyne van die bestaande oesjaar ten toon te stel. Die agt wynstreke wat deelgeneem het, is Robertson, Worcester/Breedekloof, Stellenbosch, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en die Klein-Karoo.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.