On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondbesetting sal ondersoek word - Didiza

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:51 Fri, 02 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Grondbesetting sal ondersoek word - Didiza | News Article

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sal voortgaan met 'n ondersoek na die proses van staatsgrond, wat reeds beset is sonder formele goedkeuring van die departement.


Dié ondersoek sal plase beoordeel wat deur die departement se proaktiewe grondverkrygingstrategie (PLAS) verkry is. Daarmee gaan gepoog word om vas te stel hoe enkelinge en gemeenskappe, wat grond reeds beset, toegang daartoe verkry het. Dít is Donderdag deur die landbouminister, Thoko Didiza, bekendgemaak tydens haar aankondiging dat die regering in die komende twee weke advertensiekennisgewings sal uitreik van 896 plase wat 700 000 hektaar onderbenutte of onbesette staatsgrond beslaan. Dié grondeenhede word aangebied met 'n huurkontrak van 30-jaar, met 'n opsie om te koop. Didiza het gesê die advertensie-kennisgewings sal in plaaslike, distriks- en provinsiale koerante en webtuistes verskyn, asook deur plaaslike radiostasies uitgesaai word. Sy het gesê ná die sluitingsdatum sal ontvangs erken word van alle aansoeke, saamgestel in 'n databasis per distrik in die onderskeie provinsies.  Die Sentrumkomitee vir Distriksbegunstigdes sal aansoeke ondersoek en onderhoude met aansoekers doen. Die nasionale keurings-en-goedkeuringskomitee sal alle aanbevelings oorweeg en toepaslike aansoeke goedkeur. Dit sal sowat drie weke duur. Daar sal 'n appèlproses wees vir onsuksesvolle aansoekers.

EN

Daarmee saam verwelkom Agri SA die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se aankondiging dat 700 000 hektaar staatsgrond vir landboudoeleiendes beskikbaar gestel gaan word, maar waarsku daar moet gewaak word teen korrupsie. Willem de Chavonnes Vrugt, voorsitter van Agri SA se Grondsentrum van Uitnemendheid, sê die voorgestelde ondersoek na staatsgrond wat reeds beset word, is ook goed. Volgens hom is die keuring van begunstigdes om te verseker dat die grond produktief is vir landbou-doeleindes, noodsaaklik. Hy sê verder dit is teleurstellend dat distriksgrondhervormingskomitees, waarop georganiseerde landbou ook gedien het, nie meer 'n plek is nie. De Chavonnes Vrugt meen die private sektor en georganiseerde landbou kan 'n waardevolle rol speel in die keuring van begunstigdes en ondersteuning aan hulle. Daarom wil Agri SA sien dat die distriksgrondkomitees kundigheid aan boord neem.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.