On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Regering versterk administratiewe grondstelsel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:13 Fri, 02 Oct 2020

Landbounuus: Regering versterk administratiewe grondstelsel | News Article
File image: Thoko Didiza

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het sy administratiewe grondstelsel versterk.


Dít is volgens landbouminister, Thoko Didiza, wat Donderdag bekendgemaak het dat nog staatsgrond vanjaar aan begunstigdes beskikbaar gestel gaan word. Die regering sal in die volgende twee weke advertensiekennisgewings uitreik van 896 plase wat 700 000 hektaar onderbenutte of onbesette staatsgrond beslaan.  Dit kom nadat die departement alreeds vanjaar meer as 135 000 hektaar staatsgrond aan 275 boere beskikbaar gestel het. Volgens Didiza is dié grond beskikbaar in die vorm van 'n huurkontrak van 30-jaar, met 'n opsie om te koop. Die advertensiekennisgewings sal van 15 Oktober tot 15 November aangebied word.

EN

Agri SA beskou die regering se beskikbaarstelling van staatsgrond aan begunstigdes vir landboudoeleiendes as 'n stap in die regte rigting, veral ten opsigte van grondhervorming. Annelize Crosby, hoof van Agri SA se Grondsentrum van Uitnemendheid, sê dit is positief dat die regering by 'n punt gekom het dat daar 'n substansiële hoeveelheid staatsgrond spesifiek vir landbou vrygestel word. Sy sê daar is verskeie positiewe punte in dié langverwagte proses, soos sprake van 'n dertig jaar huurkontrak vir begunstigdes van dié toegekende grond met 'n opsie om dit te kan koop. Crosby sê dit is goed dat die staat onderneem om grond beskikbaar te stel, maar daar is in 'n mate kwessies wat kommer wek in dié verband. Sy sê die staat het ook 'n slegte baanrekord as dit kom by die bestuur van kontrakte, en daarom is die private sektor se betrokkenheid van groot waarde.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.