On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS moordverdagtes bly in aanhouding

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:54 Tue, 06 Oct 2020

Landbounuus-podcast: VS moordverdagtes bly in aanhouding | News Article
Image: OFM News

Twee verdagtes Sekwetje Mahlamba, en Sekola Matlaletsa, bly in aanhouding in verband met die moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner.


Dit kom nadat hulle Dinsdag vlugtig in die landroshof in Senekal verskyn het. OFM-nuus se span het die hofverrigtinge bygewoon en sê nie baie mense is in die hof toegelaat weens die Covid-19-inperkingsregulasies, waarvolgens sosiale afstand gehandhaaf moet word. OFM-nuus se Olobegeng Motse het berig, terwyl die verdagtes in die hof verskyn het, was 'n groot groep mense buite die hof byeen. Hulle was stil en het angstig gewag op die uitkoms van die hofverrigtinge. Motsi sê die verdagtes moet nou eers aan 'n uitkenningsparade deelneem en sal na verwagting weer op 16 Oktober verskyn. Die inhegtenisneming kom nadat die verdagtes Saterdag deur speurders van die Senekal-tak in Fateng tse Ntho in Paul Roux in hegtenis geneem is.

Intussen sê 'n boer van die Bethlehem-distrik, Alfred Schreuder, 'n groep van dié gebied het die verrigtinge Dinsdag in Senekal bygewoon om die naasbestaandes van die jong plaasbestuurder van Paul Roux, Brendin Horner, wat vermoor is op 'n plaas waar hy gewerk het, te ondersteun. Hy sê gemeenskappe het nou genoeg gehad. Daarmee saam sê Tonie Nel, 'n boer van Kroonstad, wat ook die samekoms in Senekal bygewoon het, dat die landbougemeenskap nou keelvol is vir die aanslag teen hulle in terme van aanvalle en moorde op plase en kleinhoewes. Hy sê die regering moet nou sy kant bring.

EN

Die regering wil met sy nuwe meesterplan vir die landbou en landbouverwerking (AAMP) onder meer werk verskaf aan 317 500 nuwe boere, 10 000 voorligtingsbeamptes en 63 500 ander entrepreneurs. Landbou.com berig voorkeur moet verleen word aan vroue (50%) en die jeug (40%). Adjunkdirekteur-generaal van landbouproduksie, gesondheid en voedselveiligheid, Mooketsa Ramasodi, het op 'n onlangse vergadering van die koringforum die sluier effens gelig oor die planne met die AAMP. Die mikpunt is dat die plan moet lei tot 'n maatskaplike verdrag tussen die regering, die landboubedryf, arbeid en gemeenskappe met die oog op die ontwikkeling van die landbou- en voedselsektor. Daar word ook gewerk aan meesterplanne vir verskillende bedrywe en sommiges is al voltooi.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.