On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Mashinini spreek hom uit oor Senekal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:15 Wed, 07 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Mashinini spreek hom uit oor Senekal | News Article

Die polisie in die Vrystaat ondersoek die voorval waarin staatseiendom in Senekal deur 'n groep mense beskadig is tydens die hofverskyning van Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa.


Die twee verdagtes staan tereg op die moord van die 21-jarige Brendin Horner, 'n plaasbestuurder van die Paul Roux-distrik. Hillary Mophete, woordvoerder van die departement van polisie, paaie en vervoer, sê die LUR, Sam Mashinini, veroordeel die optrede van dié groep boere ten sterkste en wetteloosheid van dié aard gaan nie geduld word nie. Sy sê Mashinini veroordeel nie die samekoms van mense by dié hofverrigtinge in Senekal nie, maar die wangedrag deur 'n groep mense,  wat deel was van die samekoms is onaanvaarbaar. Mashinini, veroordeel daarmee saam die grusame moord op die jong Horner. Die verdagtes is weer op 16 Oktober in die hof in Paul Roux.

Die African Farmers Association of South Africa, Afasa, is kwaad oor die moord op Brendin Horner, 'n plaasbestuurder van die Paul Roux-distrik. Nakana Masoka, sekretaris-generaal van dié organisasie, sê dit is hartseer dat 'n jong talentvolle man, wat 'n blink toekoms in die bedryf gehad het en 'n toekomstige leier kon word, in die fleur van sy lewe weggeruk is. Masoka sê daarmee saam veroordeel Afasa ook die voortslepende aanval op boere, terwyl veediefstal toeneem. Hy sê wel Afasa is nie oortuig daarvan dat daar in die Senekal-voorval deeglik beheer was nie. 'n Groep mense het hand uitgeruk  en die landdroshof binnegedring,  'n polisievoertuig is omgekeer en was later in ligte laaie. Hy sê as daar meer beheer was, kon dit voorkom word dat boere se sogenaamde "geregverdigde woede" gelei het tot geweld en skade wat aan staatseiendom aangerig is. Masoka sê dié optrede ondermyn nou landbou se ware stryd teen die regering om landbougemeenskappe te beskerm. Hy rig 'n ernstige pleidooi aan die regering om meer te belê in die polisie sodat dienslewering kan verbeter.

EN

Intussen sê Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, die situasie rondom veiligheid in landelike gebiede, wat die landbougemeenskap bedreig, bereik nou amper breekpunt. Wilken meen dié situasie rondom misdaad in landelike gebiede vreet soos 'n kanker aan boere, hul werknemers, vroue en kinders. Hulle word blootgestel aan daaglikse brutale moorde en ernstige geweldsmisdrywe, wat plaasaanvalle insluit. Dít terwyl die algemene persepsie bestaan dat die regering hom eerder ophou met politieke ideologieë. Wilken meen opgehoopte frustrasies lei daartoe dat sekere mense reg in eie hande neem en in 'n mate vigilant optree, soos wat die geval in Senekal was.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.