On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere is kwaad en mismoedig, sê VL

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:34 Thu, 08 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Boere is kwaad en mismoedig, sê VL | News Article

Boere is kwaad en mismoedig oor die veiligheidsituasie in die land.


Dit is volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, wat meen ondanks dié feit, keur dié organisasie die voorval waarin 'n groep mense die hof binnegedring en 'n polisievoertuig omgekeer het nie goed nie. Dié gebeure het Dinsdag by die landdroshof in Senekal plaasgevind toe twee verdagtes in die hof verskyn het in verband met die grusame moord op die 21-jarige Brendin Horner, 'n plaasbestuurder van Paul Roux. Wilken stel dit wel duidelik na aanleiding van dié gebeure, dat dit in ag geneem moet word dat almal mense met emosies is en - op 'n sekere punt - kan die grense van redelikheid oorskry word.

Intussen het die regspan van 'n 52-jarige man, wat Woensdag ondervrae is deur die polisie en in aanhouding is vir sy beweerde betrokkenheid by die gebeure in Senekal Dinsdag, aan OFM-nuus bevestig hulle is in die proses om 'n borgaansoek vir hul kliënt voor te berei. Ilanie Oberholzer van die firma N.O. Oelofse van Senekal en die regsfirma, Adriaan Janse van Rensburg, tree namens die aangeklaagde op. Volgens Oberholzer sal verdere inligting later deurgegee word. Die aangeklaagde sal na verwagting, volgens die polisie,  Vrydag in die hof verskyn op onder meer op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê die prys van lewende hawe wat op veilings in die Noord-Vrystaat vandeesweek behaal is, bly goed ondanks die feit dat die prys vir diere dié tyd van die maand, tradisioneel laer is teenoor die prys aan die einde van 'n maand. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg teen R41,07 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,87 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,55 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.