Agriculture
Landbounuus-podcast: Ramaphosa spreek hom uit oor plaasmoorde─── CHRISTAL-LIZE MULLER 13:25 Mon, 12 Oct 2020
President Cyril Ramaphosa het hom in sy weeklikse nuusbrief uitgespreek oor die toenemende verpolitiseerde kwessie van plaasmoorde in die land.
Dit kom ná die wrede moord op 'n jong plaasbestuurder, Brendin Horner, van Paul Roux in die Vrystaat vroeër vandeesmaand. Ramaphosa het gesê Horner se moord moet elkeen in die land kwaad maak en ontstel. Dít moet geskied ongeag van in watter gemeenskap mense bly, hul ras, geloofsbelydenis of taal. Daarmee saam het hy Suid-Afrikaners aangemoedig om die begingsels van die Grondwet te gehoorsaam, terwyl die oppergesag van die reg gehandhaaf moet word. Hy het gesê die gewelddadige betogings in Senekal verlede week, toe twee verdagtes in die plaaslike landdroshof verskyn het weens Horner se moord, toon mense het nog nie die verwydering van en wantroue in die land se verlede afgeskud nie. Hoewel die woede oor Horn se onsinnige moord geregverdig word, kan mense nie eie reg gebruik nie. Volgens Ramaphosa is mense wat dink plaasaanvalle raak slegs 'n klein deel van die bevolking, verkeerd en beweringe dat geweldsmisddaad op plase deel is van 'n georkestreerde veldtog deur swart mense om witboere van hul grond te verdryf, is ongegrond. Studies toon misdaad in boerderygemeenskappe is grotendeels opportunisties.
Die Noord-Kaapse LUR van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mase Manopole, het die sluitingsdatum vir die aansoeke vir die 2020/21 omvattende landbou-ondersteuningsprogram, Casp, en die Ilima/Letsema-befondsing verleng. Dit kom nadat die aanvanklike sluitingsdatum vir boere om aansoeke vir befondsing te doen, aanvanklik Vrydag was. Dit is egter nou verleng na eerskomende Vrydag. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement, sê dit kom nadat die landbougemeenskap by die departement gepleit het om die sperdatum vir aansoekte te verleng weens verskeie uitdagings soos toegang tot aansoekvoerms. Hy sê intussen word boere in die droogtegeteisterde gebiede van die provinsie aangemoedig om aansoek te doen vir die provinsie se droogtehulpfonds. Dit is op alle kategorieë van veeboedery gemik om deur 'n koopbewysstelsel veevoer te bekom. Luphahla sê boere in die droogtegeteisterde Namakwa-distrik en die Pixley Ka Seme-distrik sal vooropgestel word. Hy sê aansoekvorms vir die droogtehulpfonds, waar daar R36 miljoen beskikbaar gestel is aan die Noord-Kaap, is by distrikskantore van die departement, asook georgniseerde landbou-organisasies se kantore en by www.agrinc.gov.za beskikbaar.
EN
Daarmee saam sê Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, daar is hoop dat sowat R20 miljoen van die bykans R36 miljoen wat toegeken is deur die nasionale regering se rampbestuur aan die droogtegeteisterde Noord-Kaap, aan boere op grondvlak beskikbaar gestel sal word. Hy sê dié geld sal heel waarskynlik die vorm van 'n koeponstelsel aanneem, hoofsaaklik om veevoer te bekom, maar dit is steeds onduidelik hoe dit aangewend gaan word.
OFM-nuus
