On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Noue kontak tussen boere opnuut beklemtoom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:48 Tue, 13 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Noue kontak tussen boere opnuut beklemtoom | News Article
File image

Die belang van noue kontak tussen boere en die betrokkenheid by staande veiligheidstrukture word opnuut beklemtoon.


Dit kom nadat daar vinnige reaksie was toe 'n boer, Andries Myburgh, op sy plaas in die Koffiefontein-distrik in die Vrystaat Maandag deur twee mans buite sy plaashuis aangeval is. Kempen Nel, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou se streek 18 in dié distrik, sê daar was vinnige optrede deur boere en die plaaslike polisie was ook vinnig op hul pos toe Myburgh met 'n skerp voorwerp oor die kop geslaan is toe hy ondersoek gaan instel het buite sy huis nadat hy rook geruik het. Die polisie in die Vrystaat sê Myburgh kon daarin slaag om skote af te vuur in die rigting van die verdagtes, wat toe te voet op die vlug geslaan het.  Kempen sê die reaksie van boere was vinnig en 'n helikopter is selfs beskikbaar gestel in die soektog na die aanvallers. Die polisie se honde-eenheid was ook deel van die soektog. Hy sê die betrokkenheid van die polisie by aanvalle op plase bly van kardinale belang. Sover bekend is nog niemand in verband met die aanval op Myburgh in hegtenis geneem nie.

EN

Die landbou-organisasies, Agri Noordwes, Saai en TLU SA, asook Afriforum en die politieke partye wat die DA en die Vryheidsfront Plus insluit, het die hofverrigtinge in die moordverhoor van drie verdagtes in verband met die dood van 'n deeltydse boer en bekende in sportkringe, Sias Willemse in Potchefstroom, ondersteun.  In 'n gesamentlike verklaring deur dié betrokkenes word dit duidelik gestel dat die vlaag sinnelose en wrede moorde wat Noordwes die afgelpe maand in rou gedompel het, bydra tot hoë vlakke van frustrasie onder gemeenskappe. Chris Hattingh, kiesafdelingshoof van die  DA in die JB Marks-munisipaliteit, het 'n bidgeleentheid naby die landdroshof in Potchefstroom bygewoon en was ook in die hof. Hy  sê  moorde en plaasmoorde het 'n emosionele saak geword. Die verdagtes, Petrus Mahlapa, sy suster Merram en broer Andries, is twee weke gelede in Ikageng in hegtenis geneem nadat Willemse se lyk op 22 September deur 'n familielid in sy  huis in die stad gevind is. Hy het nekskietwonde gehad, en daar was ook dasse om sy nek. Die verdagtes het hul bortogaansoek laat vaar en het weer aangedui hulle gaan nie aansoek om borgtog doen nie en hul volgende hofverskyning is op 16 November.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.