On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Huldeblyke stroom in vir Afasa-president

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:40 Wed, 14 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Huldeblyke stroom in vir Afasa-president | News Article

Huldeblyke stroom in vir dr. Vuyo Mahlati, president van die African Farmers Association of South Afrika, wat Dinsdag oorlede is.


Afasa se voorsitter, Neo Masithela, sê volgens Mahlati se familie was sy siek gewees. Masithela sê Mahlati, wat ook die voorsitter van die presidensiële advieskomitee oor grondhervorming en landbou was, se dood is 'n groot verlies vir transformasie in landbou. Hy sê Mahlati se afsterwe is ook 'n verlies vir eenheid in dié bedryf. Daarmee saam het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, ook huldeblyke aan Mahlati gebring en meen haar stem in die stryd van ekonomiese bemagtiging van vroue en die kommersialisering van swart boere, is nou verlore vir die bedryf. Volgens Didiza sal Mahlati onthou word vir die wyse hoe sy met haar glimlag en energie baie lewens geraak het. Didiza  meen Mahlati het Afasa goed gelei deurdat die regering betrek is oor aangeleenthede wat die Suid-Afrikaanse landboubedryf en veral swart boere raak. Pierre Vercueil, Agri SA se president, sê almal wat saam met Mahlati gewerk het kan getuig van die waarde wat sy vir die bedryf ontsluit het. Daarmee saam sê Agri SA se uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede,  Mahlati was 'n pionier wat boere se belange sentraal tot landbou-ontwikkeling gestel het.


EN


Betrokkenes in landbou in die Oos-Vrystaat is positief oor die uitkoms van die vergadering met die polisieminister Bheki Cele in die Paul Roux-distrik. Cele het vandeesweek die familie van die vermoorde Brendin Horner, 'n plaaslike plaasbestuurder, besoek. Dit was 'n private aangeleentheid op die plaas Granspan. Hy het daarna met georganiseerde landboustrukture in die plaaslike landbousaal vergader. Herkie Viljoen, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee in die Bethlehem distrik, sê hy is positief oor dié vergadering en dit het sy verwagtinge oortref, hoewel dit slegs die begin van 'n lang proses is. Viljoen sê die gesindheid waarin die hele vergadering plaasgevind het was kalm en daar was geen rasse-agenda gewees nie. Veediefstal het onder die loep gekom.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.