On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'Cele se besoek aan #BrendinHorner se ouers was goed'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:48 Wed, 14 Oct 2020

Landbounuus-podcast: 'Cele se besoek aan #BrendinHorner se ouers was goed' | News Article
Brendin Horner

Die minister van polisie, Bheki Cele, en die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, se besoek aan die vermoorde Brendin Horner van Paul Roux in die Vrystaat se ouers het baie goed verloop.


Gilly Scheepers, die jong Horner se werknemer en 'n boer van die Oos-Vrystaat, wat daar was, sê die besoek Dinsdag aan Horner se ouers op 'n plaas in die gebied is met gebed geopen. Hy sê daar was geen arrogansie nie, soos die geval was in Normandien tydens Cele se besoek aan die landbougemeenskap nie. Scheepers sê daar was deernis teenoor Horner se ouers, Robbie en Miekie Horner. Scheepers, wat die eienaar van die Bloukruin-boerdery is, sê dié besoek het Robbie Horner meer gekalmeer, terwyl dit steeds nie goed met Miekie gaan nie. Scheepers sê 'n private roudiens is Saterdag vir Brendin gehou. Hy sê Brendin was meer aan die tegniese kant van die boerderye betrokke wat die boerdery se ratte laat loop het. Scheepers sê Brendin het altyd geglimlag en was 'n vredeliewende mens. Hy was 'n "top" jong man. 

Die South African Farmers Association of South Africa, Afasa, gaan die hofverskyning van die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is weens die grusame moord op Brendin Horner eerskomende Vrydag bywoon. Nakana Masoka, sekretaris-generaal van dié organisasie, sê lede van dié organisasie woon die verrigtinge as boere by. Hulle sal 'n duidelike boodskap uitstuur dat die dood van die jong Horner moet nie gebruik word vir goedkoop politieke retoriek nie. Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa verskyn weer eerskomende Vrydag in die hof in verband met Horner se moord. Daarmee saam het die polisieminister, Bheki Cele, gesê die regstelsel word bevraagteken nadat dit aan die lig gekom het dat een van dié verdagtes al herhaaldelik in hegtenis geneem is. Na bewering word hulle verbind met veediefstal in die distrik en daar word vermoed dat Horner hulle moontlik op heterdaad betrap het voordat hy vermoor is.

EN

Intussen stroom huldeblyke in vir dr. Vuyo Mahlati, president van die African Farmers Association of South Africa, Afasa, wat Dinsdag oorlede is. Neo Masithela, voorsitter van Afasa, beskryf haar as 'n besonderse mens in eie reg en haar dood is 'n groot verlies vir die landboubedryf in geheel. Masithela sê volgens haar familie was Mahlati siek gewees en hulle wil nie verder daaroor uitwei nie. Hy sê Mahlati, wat ook die voorsitter van die presidensiële advieskomitee oor grondhervorming en landbou was, se dood is 'n groot verlies vir transformasie en eenheid in die bedryf.



OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.