On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: #BrendinHorner Moenie in 'lokval' trap met verdagtes se verskyning

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:37 Thu, 15 Oct 2020

Landbounuus-podcast: #BrendinHorner Moenie in 'lokval' trap met verdagtes se verskyning  | News Article
Bheki Cele/Foto: Gallo

'n Boer van die Oos-Vrystaat, wat instrumenteel was tydens die vergadering met polisieminister, Bheki Cele, distaniseer hom van 'n moontlike plofbare situasie wat kan ontstaan tydens die hofverskyning van die Brendin Horner- moordverdagtes, eerkomend


Herkie Viljoen, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee in Bethlehem, sê hy fokus eerder op die vordering wat gemaak is in terme van die Cele-vergadering. Dié vergadering het hoofsaaklik gehandel oor die situasie rondom veediefstal in dié distrik, wat Paul Roux, Bethlehem, Fouriesburg, Clarins en Kestel insluit. Hy sê tydens dié vergadering eergister in Paul Roux is 'n aangepaste verslag, wat verlede Dinsdag in Senekal met die Horner-verdagtes se eerste hofverskyning bekendgemaak is, deur georganiseerde landbou aan Cele oorhandig. Cele het onderneem om oor minder as drie weke 'n taakspan beskikbaar te stel om veediefstal in dié distrik te ondersoek.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê dit is goed dat groot gedeeltes van die land reën gekry het - veral ten opsigte van veldbrande en weidingstoestande vir diere. Die veemark het 'n afname getoon in alle veeklasse. Daar moet egter onthou word dan speenkalwers wat nou aan voerkrale gelewer word eers in Januarie gereed sal wees wanneer hulle in die Januarie-mark beskikbaar is. Dit is wanneer die prys effe laer is as in die Desember-mark. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg teen R40,70 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,80 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,10 per kg verkoop.  




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.