On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Organisasies ruk op na #Senekal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:06 Fri, 16 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Organisasies ruk op na #Senekal | News Article
Foto: verskaf

Senekal is 'n miernes van bedrywigheide, met verskeie belangegroepe en organisasies wat op verskillende punte in dié Vrystaatse dorp byeen is.


'n Groot groep belanghebbendes, waaronder boere, is by die Afriforum-punt by die landdroshof byeen. Francois Rossouw, die uitvoerende hoof van die netwerk vir familieboere, Saai, sê verrigtinge by dié punt verloop vreedsaam. Rossouw sê Saai se boodskap is duidelik, en boere is kwaad. Twee aangeklaagdes verskyn in die plaaslike landdroshof en sal na verwagting aansoek doen om borgtog in verband met die grusame moord op Brendin Horner op 'n plaas waar hy gewerk het in die Paul Roux-distrik.

EN

Intussen heers daar spanning in landbougeledere en Agri SA verstaan die emosies ten opsigte van kriminaliteit in die land. Dié organisasie se president, Pierre Vercueil, sê mense se reg tot protesaksie is 'n basiese reg in die land, maar daar moet egter kennis geneem word van die versoek van Vrystaat Landbou (VL) en die Senekal-landbouvereniging se oproep tot kalmte. Vercueil se boodskap is in die lig van mense van oor die land heen, en boere wat vandag byeen is in Senekal by die borgaansoek van die twee verdagtes, wat aangekla word vir die moord op die jong Brendin Horner.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.