On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere hou erediens op plaas by #Senekal - PHOTOS

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:36 Fri, 16 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Boere hou erediens op plaas by #Senekal - PHOTOS | News Article
Image: Supplied

Terwyl alle oë gevestig is op gebeure in Senekal in die Vrystaat waar twee verdagtes aansoek doen om borgtog in verband met die moord op die jong Brendin Horner, was 'n groot groep mense, waaronder boere, op 'n plaas tussen Senekal en Paul Roux byeen


Borrie Erasmus, eienaar van Biddulphsberg, sê 'n erediens is gehou op sy plaas en dit is goed bygewoon deur gemeenskappe. Daar was  lede van verskeie belangegroepe en landbou-organisasies. Erasmus sê hy het sy plaas beskikbaar gestel nadat hy genader is deur organiseerders, wat hoofsaaklik chaos met die hofverskyning in Senekal wil vermy. Erasmus sê dié erediens is gelei deur Hendrik de Beer, 'n boer wat aan die Christen-sentrum verbonde is. Mense wat dié erediens bygewoon het, is gevra om hul geliefkoosde pet en hoed saam te neem. Hy sê De Beer het ook tydens die erediens gesê die gebeure het 'n punt bereik waar die stryd nou tussen Christene en die antichris is.  Hulle moes hul name asook 'n boodskap in 'n pet skryf en dit is neergelê by 'n kruis op die plek op die plaas waar die jong Brendin Horner wreed vermoor is.


Verskeie belangegroepe en landbou-organisasies het 'n duidelike boodskap gehad  buite die landdroshof in Senekal met die hofverskyning van twee mans in verband met die moord op die jong Brendin Horner. Afasa se sekretaris-generaal, Nakana Masoka, wat self 'n Vrystaatse boer is, het tydens sy spreekbeurt, waar 'n groot groep mense by die punt in die dorp waar AfriForum byeen is, gesê boere voel hulle is op hul eie.  Masoka het ook gesê hyself is 'n slagoffer en loop deur onder veediefstal.

EN

Daarmee saam het Francois Rossouw, die uitvoerende hoof van dié netwerk vir familieboere, Saai, aan OFM-nuus gesê, hulle is by die verrigtinge buite die landdroshof by die AfriForum-punt, waar 'n groep mense byeen is. Hy sê Saai se boodskap is duidelik, boere is kwaad.



OFM-nuus



Gallery

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.