Agriculture
Landbounuus-podcast: Boere geensins moedeloos ná brande─── CHRISTAL-LIZE MULLER 12:07 Wed, 21 Oct 2020
Die verlies aan vee, strukture en weiveld in Hertzogville, Boshof, in die rigting van Dealesville en selfs die Hoopstad-gebied is baie groot, nadat 'n brand Sondag in Hertzogville ontstaan en vinnig versprei het.
In 'n stadium was daar drie brande wat gewoed het. Die brand in Hertzogville het na bewering uitgebreek toe inwoners van die plaaslike township oor waterkwessies betoog het. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê honderde miljoene rande se skade is aangerig, en na raming het sowat 100 000 hektaar weiveld in die slag gebly. Hy sê boere is hartseer oor hul veeverliese, want daar is 'n noue band tussen 'n boer en sy diere. Hy sê dit is 'n emosionele kwessie, maar dié boere is geensins moedeloos nie. Olivier het vanoggend aan OFM-nuus gesê al die noodgroepe in die brandgebied is stil en daar is sedert gisteraand geen brande aangemeld nie.
EN
Die proses is aan die gang om die omvang van die verwoestende wegholveldbrande in die Hertzogville- en Boshof-distrik sedert Sondag te bepaal. Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, sê honderde stuks vee, wild en strukture op plase het in die slag gebly. Dit word beskou as die mees verwoestende brande in dié distrik die afgelope paar jaar.
OFM-nuus
