On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hertzogville boer dankbaar om diere te red

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:55 Thu, 22 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Hertzogville boer dankbaar om diere te red | News Article

'n Stoetteler van die Hertzogville-distrik in die Vrystaat wat groot verlies gely het weens wegholveldbrande in dié gebied is steeds dankbaar dat hy van sy diere betyds kon red.


Johan du Plessis, sê sy stoetkudde bestaan uit Brangus en Waguye beeste. Dit is waardevolle diere en hy is dankbaar oor die diere wat hy kon red al het 'n klomp van sy stoetbulle in die slag gebly. Du Plessis het 30 stoetdiere verloor waaronder vroulike diere ook.  Hy het ook al sy weiding verloor.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê die oopstel van die restaurantbedryf oor die wêreld heen het gelei tot 'n groot sprong in die prys van alle A-klas diere. Daarmee saam is dit ook interessant dat aanteel vee in Namibië baie duur geword het, omdat produsente in dié land in die kuddebou-proses is. Hy sê in dié geval gaan bokooie tot R3000 per stuk lewende gewig. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg teen R40,51 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,31 en speenkalwers oor 250kg het teen R35,65 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.