On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kyk na sektor as werkskepper, maan ekonoom

───   ELSABÉ RICHARD 17:24 Thu, 22 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Kyk na sektor as werkskepper, maan ekonoom | News Article

Die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher het vandeesweek gekyk na die sektor as 'n werkskepper.


Dit, in 'n poging om weg te beweeg van wat tans aan die gang is, wat onder meer die impak van Covid-19 op die bedryf insluit. Laubscher verduidelik in ekonomiese terme word na ‘n pandemie van die omvang van Covid-19 verwys as ‘n betekenisvolle eksterne skok. Hy sê die veerkragtigheid van ‘n ekonomie word genoem as vernaamste teenvoeter vir die verliese as gevolg van die ontwrigtende impak van die pandemie, maar is nie voldoende nie. Laubscher voeg by dat voorste ontwikkelde ekonomieë wat inperkings verslap het, terug skarrel na vlakke van verminderde en minimum mobiliteit.

Daarmee saam was die werklike suksesverhaal van die landbou, te midde van die streng Covid-19-inperking, die wyse waarop daar tussen die private en openbare sektore saamgewerk is om bottelnekke uit die weg te ruim en probleme suksesvol te bestuur. Dit is volgens dr. Tracy Davids, navorser vir die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), tydens ’n paneelgesprek van die Landbou-ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika (Levsa). Luidens Landbouweekblad het sy oor die invloed van Covid-19 op die landbousektor na die suksevolle uitvoer van sitrusprodukte as ’n voorbeeld verwys. Sy het bygevoeg dat daar tekortkominge was soos, onder andere ’n gebrek aan vraghouers, vertragings om te laai in hawens. Davids het verder gesê daar was terselfdertyd  die samevloei van ander faktore soos ’n sterk vraag na vitamien C, ’n swak wisselkoers, ’n rekordoes en van Suid-Afrika se mededingers wat uitvoerprobleme ondervind het. Daarmee saam sê Davids daar was dus goeie markvooruitsigte en met die groot volumes wat verskeep moes word, kon baie dinge skeefgeloop het, maar dit het nie en dit was ’n groot suksesverhaal ondanks talle vertragings.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku van buitengewone warm weerstoestande wat kan lei tot wegholveldbrande. Die weerdiens  sê warm weerstoestande in gedeeltes van die Noord-Kaap, Vrystaat en dele van die Sederberg, Matzikama en Bergrivier in die Wes-Kaap kan temperature van tot bo 40 grade ervaar. Inwoners is gevra om genoeg water te drink en om hulself sowel as hul diere nie onnodig aan die son bloot te stel nie. Intussen sal temperature in Upington vandag 35 grade bereik en sal na verwagting more tot 39 grade warm word.



OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.