On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK veldbrand 'onder beheer'

───   ELSABÉ RICHARD 16:33 Fri, 23 Oct 2020

Landbounuus-podcast: NK veldbrand 'onder beheer' | News Article
Image: Supplied

'n Veldbrand by Windsorton in die Noord-Kaap, wat Donderdag weer opgevlam het, is onder beheer.


Dit is volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV). Breytenbach sê vlamme het die provinsiale grens na die Boshof-streek in die Vrystaat oorgesteek, maar is tans onder beheer alhoewel daar 'n brandlyn is wat steeds aktief is. Dit kom nadat onlangse wegholveldbrande in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-gebied in die Vrystaat, wat Sondag uitgebreek het, sowat 100 000 hektaar veld verwoes het. Jack Armour van Vrystaat Landbou (VL) sê hierdie brande is onder beheer gebring, en dat hulle dankbaar is vir skenkings en geldelike bydrae wat die organisasie in staat stel om hulp te verleen aan boere wat hulle diere en weivelde in die brande verloor het. Enigiemand wat skenkings wil doen in die vorm van geld of veevoer, kan VL se kantoor skakel.

EN

Lede van die Nasionale Raad van Provinsies het die mosie aanvaar om boere in die Vrystaat, wat brandskade gely het, te help. Volgens die mosie onderneem die parlementslede om die landbouminister, Thoko Didiza, te versoek om die Wes-Vrystaat so gou as moontlik as 'n rampgebied te verklaar. Die mosie is deur die parlementslid (LP) George Michaliakis in die parlement ter tafel gelê. Indien die minister aan die versoek voldoen, gaan dit moontlik wees vir boere – wat as gevolg van die brand skade gely het - om vir finansiële hulp aansoek te doen. LP’s vra ook hierdeur dat die polisie ernstig optree om diegene wat vir die brand verantwoordelik is, vas te vat. Die mosie is eenparig deur die parlementslede aanvaar.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.