On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vragmotors vertrek na VS met veevoer

───   ELSABÉ RICHARD 12:55 Mon, 26 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Vragmotors vertrek na VS met veevoer | News Article
Foto: Vrystaat Landbou

'n Vloot vragmotors, volgelaai met veevoer, het Maandagoggend uit Leandra, Mpumalanga, vertrek om hulp aan boere in Hertzogville in die Vrystaat te verleen.


Dit kom nadat onlangse brande in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-gebied in die Vrystaat, sowat 100 000 hektaar veld verwoes het. 'n Wildsboer van Leandra, Aubrey van Wyngaard, sê die Leandra boerevereniging het die veevoer geskenk om moed te skep onder boere wie se plase afgebrand het. Van Wyngaard sê hy het gedurende die naweek 20 van sy vragmotors gelaai met sowat 800 bale veevoer om Maandag die pad te vat Hertzogville toe. Hy sê dit is 'n spanpoging en dat dit vir hulle baie belangrik om is om boere wat in nood verkeer, te help. Van Wyngaard sê boere moet nie moed verloor nie.

Daarmee saam sê die organisasie Vrystaat Landbou (VL) hy is dankbaar vir almal wat skenkings gedoen het om boere te help wat as gevolg van die onlangse wegholbrande in die provinsie skade gelei het. VL se Jack Armour sê die organisasie het talle oproepe ontvang van mense wat geldelike skenkings wil doen. Hy sê 100% van die fondse wat die organisasie ontvang, word gebruik om boere te help. Armour voeg by hierdie skenkings stel die organisasie in staat om diesel te bekom om sodoende veevoer na geaffekteerde boere te kan vervoer.

EN

Die nasionale departement van Landbou het miljoene rande aan die Landbank betaal, as deel van sy Covid-19-hulpfonds. Die departement het in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in parlement gesê dat die geld bedoel is om boere, wat negatief geraak is deur die pandemie, met Landbank-lenings te help. OFM-nuus se Elsabé Richard berig altesaam R100 miljoen is beskikbaar gestel en boere wat tussen 1 April vanjaar en einde Desember probleme ondervind met die terugbetaling van lenings, kan hiervoor kwalifiseer.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.