On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VL vergader ná veldbrande

───   ELSABÉ RICHARD 12:53 Tue, 27 Oct 2020

Landbounuus-podcast: VL vergader ná veldbrande | News Article
File image

Die organisasie Vrystaat Landbou (VL) sal na verwagting Dinsdag 'n streekvergadering hou ná onlangse wegholveldbrande in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-distrikte.


Volgens Francois Wilken, president van VL, is hierdie vergadering noodsaaklik om vas te stel wat die behoeftes van boere is. Wilken sê die organisasie het ook grondvlakstrukture versoek om te help om deeglike behoeftebepalings te doen. Wilken sê verder die organisasie is dankbaar vir al die ondersteuning van gemeenskappe wat hulle in staat stel om boere te help. Besoek VL se webtuiste vir meer inligting oor hoe om skenkings te doen.

Intussen sê dr. Frikkie Maré, senior dosent en landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, alhoewel hulp en veevoer deur boere waardeer word nadat onlangse wegholveldbrande verwoesting gesaai het, is die ekonomiese impak van 'n brand baie groot. Hy sê dit is belangrik dat boere planne in plek kry voordat brande uitbreek. Maré voeg by dat daar gekyk moet word na hoe ekonomiese nagevolge oor die volgende paar jaar verhoed kan word indien 'n brand weer sou uitbreek.

EN

Ongeveer 'n derde van die grond wat die regering beskikbaar gestel het vir grondhervorming, word reeds deur gemeenskappe en swart boere beset. Dit volg op die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, wat vroeër vandeesmaand aangekondig het dat 896 staatsbeheerde plase op 30 jaar huurkontrakte vrygestel word om grondhervorming te bevorder. Volgens Business Day het die minister se kantoor verlede week gesê dat ongeveer 205 579 hektaar deur naburige gemeenskappe gebruik word en dat 31 886 hektaar onwettig beset word. Die betrokke grond is voor 1994 deur die staat gekoop vir die konsolidering van tuislande. Dié grond bly steeds in die besit van die staat, ten spyte van pogings deur inwoners, in baie gevalle om grondregte te kry.



OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.