Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri Noord-Kaap hou virtuele jaarkongress─── ELSABÉ RICHARD 12:05 Wed, 28 Oct 2020
Agri Noord-Kaap se virtuele jaarkongress het Woensdagoggend om 10:00 afgeskop.
Die organisasie se president, Nicol Jansen, sê vanjaar se tema is ‘Landbou as ekonomiese dryfveer tot groei en herstel na Covid-19'. Jansen sê van die sprekers is onder meer Pierre Verceil, president van Agri SA, sowel as Christo van der Rheede, die hoof uitvoerende direkteur van Agri SA. Hy sê daar sal onder andere gekyk word na die rol van landbou in toekomstige groei na Covid-19. Die publiek kan die virtuele kongres op Agri Noord-Kaap se Facebook-blad besigtig.
EN
Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar vir almal wat skenkings gedoen het om boere te help wat as gevolg van die onlangse wegholbrande in die provinsie skade gelei het. Die bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou, Jack Armour sê die organisasie het talle oproepe ontvang van mense wat geldelike skenkings wil doen. Hy sê 100% van die fondse wat die organisasie ontvang, word gebruik om boere te help. Armour voeg by hierdie skenkings stel die organisasie in staat om diesel te bekom om sodoende veevoer na geaffekteerde boere te kan vervoer.
OFM-nuus
