Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri NK-president spreek onlangse betogings aan─── ELSABÉ RICHARD 11:49 Thu, 29 Oct 2020

Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê Suid-Afrikaners leef in 'n tyd waar die samelewing aanranding en moord as 'n wyse van konflikbestuur ervaar, en waar die hoofmotief nie meer diefstal is nie.
Hy voeg verder by dat aanhitsende en uitlokkende uitsprake deur politici op openbare platforms, soos sosiale media, bydra tot die verdeeldheid en polarisasie in die land. Hy sê alhoewel die organisasie hom kan vereenselwig met die emosie en woede wat onlangse gebeure aan die lig gebring het, sal dit nie geweld en plundering regverdig as ‘n aanvaarbare antwoord en oplossing nie.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê die mark is baie positief en verduidelik dat dit belangrik is om daarop te let dat die pryse wat weekliks deurgegee word, nie die rekenkundige gemiddelde is van al die vee in ‘n spesifieke klas nie, maar wel die pryse is wat goeie vee in daardie klasse voor gegaan het. Hy sê verder diere wat nader aan die mark is, behaal altyd ‘n premie omdat die vervoerkoste minder is. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R40,21 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,12 en speenkalwers oor 250kg het teen R35,30 per kg verkoop.
OFM-nuus