On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: R4,5 miljoen ingesamel vir Wes-Vrystaatse boere

───   ELSABÉ RICHARD 16:45 Mon, 02 Nov 2020

Landbounuus-podcast: R4,5 miljoen ingesamel vir Wes-Vrystaatse boere | News Article
Photo: OFM News

AfriForum, in samewerking met onder meer Vrystaat Landbou, Agri Noordwes en Gift of the Givers, het meer as R4,5 miljoen, asook tonne produkte ingesamel vir boere wat deur die onlangse vernietigende brande in die Wes-Vrystaat geraak is.


Die woordvoerder en koördineerder van AfriForum se Boks-vir-’n-Boer-projek, Henk Maree, sê hulle is ongelooflik dankbaar vir die publiek wat hulle harte en beursies oopgemaak het om boere te help. Die organisasie sê in ‘n verklaring fondse wat ingesamel is, sal aangewend word om boere te ondersteun wat in nood verkeer as gevolg van die onlangse veldbrande. Honderde ton voer is ook reeds gestuur of word tans afgelewer. Maree voeg verder by dat die reaksie op die organisasie se versoek vir hulp aan die boere oorweldigend is en sê dit is skenkings deur die publiek wat hulle in staat gestel het om boere te kan help. Die sluitingsdatum waarop mense bokse by AfriForum se hoofkantoor kon aflaai, was Vrydag 30 Oktober. Maree sê verskeie instansies sal vandeesweek voortgaan om hulp in die vorm van veevoer aan boere te voorsien.

Meer moet gedoen word om die visserybedryf te transformeer. Dit is onthul toe die Noord-Kaapse LUR vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, omgewingsake en natuurbewaring Vrydag met boere en vissers by die Vanderkloofdam vergader het. Mase Manopole het gesê dit kan gedoen word deur meer geleenthede vir jeugdiges, gestremdes en vroue te skep. Die LUR se besoek aan die dorp kom nadat vissers in die omgewing gekla het dat geleenthede in die bedryf slegs vir die minderheid beskikbaar is. Manopole het egter gesê dat die regering hard werk om beleid te implementeer, wat meer mense in staat sal stel om in dié bedryf werksaam te wees.

EN

Die voedselprysinflasie in Suid-Afrika het in September 2020 afgeneem tot 4,2% op 'n jaargrondslag teenoor 4,3% in die vorige maand. Dit is volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer, Agbiz. Hy sê dit was hoofsaaklik die gevolg van 'n afname in die prysinflasie van olie, vette, vrugte en groente, wat die styging in die prys van ander produkte soos vleis, vis en melk oorskadu het. Sihlobo voeg verder by dat hoewel daar verwag word dat voedselprysinflasie in Suid-Afrika vir die res van die jaar gedemp sal bly, hou die stygende graanpryse steeds bykomende opwaartse risiko's in. Hy sê daarom word daar nou beraam dat die voedselprysinflasie in Suid-Afrika in 2020 ongeveer 4,5% op 'n jaargrondslag kan wees, vergeleke met Agbiz se aanvanklike verwagtinge van 4,0% op 'n jaargrondslag.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.