On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ekonomiese verlies weens wegholbrandeis groot

───   ELSABÉ RICHARD 17:34 Tue, 03 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Ekonomiese verlies weens wegholbrandeis groot | News Article
Photo: OFM-nuus

Die ekonomiese verlies weens wegholbrande in die Noord-Kaap én die Vrystaat is groot.


Dit is volgens landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, dr. Frikkie Maré. Maré meen dat soetveld wat nou afgebrand het, maklik vir ‘n tydperk van meer as 'n jaar gerus moet word. Hy sê volgens raming het ongeveer 98 000 hektaar veld afgebrand. Die koste van voer vir beeste moet in berekening gebring word. Maré sê hulpmiddels wat nou beskikbaar is, gaan in die volgende jaar selfs meer benodig word.

Die swaar reënneerslae oor die oostelike en sentrale dele van die somerreënvalstreek wat sedert die naweek voorgekom het, kan die reënseisoen iwei, soos wat die verwagting is met La Niña-seisoene. Hoewel die voorspellings vir die naweek gunstig was, luidens Landbouweekblad sê onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, was reënneerslae oor die algemeen beter as wat verwag is en ook meer verspreid. Van 1mm tot 120mm is in bykans al die provinsies buiten die Wes-Kaap gemeet. Van die goeie neerslae het oor Mpumalanga en aangrensende dele van die Vrystaat en Gauteng voorgekom, met onder meer Heidelberg wat 110 mm reën gekry het. Sowat 105 mm het by Vrede geval, 70 mm by Standerton en 75 mm by Koppies. Meer as 20 mm het by Kimberley, Vaalharts, Schweizer-Reneke, Lichtenburg en Aliwal-Noord voorgekom. In die distrik Stella in Noordwes is tussen 15 mm en 30 mm gemeet. Boere van die Hertzogville-distrik sê van 30 mm tot 50 mm het in die gebied in die Wes-Vrystaat geval, waar erge veldbrande in die laaste week van Oktober gewoed het.


EN


Daarmee saam het verskeie organisasies, soos Saai en Vrystaat Landbou, hande gevat om skenkings en fondse vir boere in te samel wat geraak word deur wegholveldbrande in die Wes-Vrystaat. Francois Rossouw, die uitvoerende hoof van Saai, sê hulle ontvang steeds skenkings van die publiek en is dankbaar dat mense hulle harte en beursies oopmaak om boere wat geraak is te help. Rossouw sê diegene wat graag skenkings wil doen, kan Saai se webblad vir meer inligting besoek.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.