On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaatse boervrou ontvang voertuig van Landbou departement

───   ELSABÉ RICHARD 17:37 Wed, 04 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Vrystaatse boervrou ontvang voertuig van Landbou departement  | News Article
Vrystaat Landbou LUR William Bulwane en Mimi Jacobs/Foto: Verskaf

'n Bekende sakevrou en boer, Mimi Jacobs, wat vroeër vanjaar op haar huurplaas in die Soutpan- en Glen-gebied in die Vrystaat aangeval is, het Dinsdag 'n voertuig van die Provinsiale Departement van Landbou ontvang.


Die woordvoerder vir die departement, Zimasa Leputla, sê die voertuig wat oorhandig is deur die LUR vir Landbou, William Bulwane, kom nadat Jacobs haar uitdagings om haar produkte te vervoer met die departement gedeel het. Leputla voeg by dat - as deel van vennootskappe met belanghebbendes in die sektor - dit belangrik vir die departement is om ondersteuning aan kleinboere in die provinsie te bied. Jacobs, wat in 2016 as die Vrystaat se beste vroulike boer in die afdeling vir opkomende boere aangewys is, is gewond toe drie gewapende mans haar in haar plaashuis met messe aangeval het. Die verdagtes het met haar selfoon en bankkaart gevlug.

Daarmee saam was kenners op ’n webinaar oor plaasveiligheid dit eens dat doeltreffende misdaadintelligensie, die uitruil van inligting, en goeie kommunikasie, asook goeie verhoudings tussen boerderygemeeenskappe en die polisie, van deurslaggewende belang vir landelike veiligheid is. Landbouweekblad berig dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), sê van 1 April 2016 tot 31 Maart vanjaar is 95 plaasaanvalle in die Vrystaat voorkom net omdat inligting betyds uitgeruil is. Vanaf April tot 15 Oktober vanjaar is ’n verdere 17 plaasaanvalle só voorkom. Voorbeelde van inligting wat tussen gemeenskappe en die polisie gedeel en uitgeruil is,
sluit in mense wat by plaaswerkers navraag doen oor vuurwapens en geld in plaashuise, besoeke onder valse voorwendsels, soos die aankoop van vee en voer, gemeenskapslede wat hoor van beplande aanvalle, intimidasie van boere en hul werkers, asook verdagte vreemdelinge wat in die omgewing rondbeweeg.

EN

Die onlangse reënneerslae is wyd verwelkom en het verligting vir talle boere en inwoners regoor sentraal Suid-Afrika gebring. Die LUR vir Landbou in Noordwes, Desbo Mohono, sê boere in dié provinsie moes sekere aanplantings - wat gewoonlik hierdie tyd van die jaar plaasvind - uitstel weens min of geen reën. Mohono sê klimaatsverandering speel ook 'n groot rol in die verandering van weerpatrone.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.