On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Skaapprys styg soos Kerstyd nader kom

───   ELSABÉ RICHARD 09:38 Thu, 05 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Skaapprys styg soos Kerstyd nader kom | News Article
File image

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê lewendehawe se pryse bly oor die algemeen stabiel, maar pryse vir maer skape toon ‘n styging as gevolg van die naderende Kerstyd.


Hy voeg egter by dat veediefstal steeds ‘n probleem is en begin hande uitruk. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R40,53 per kg verkoop.  Derksen het bygevoeg die Noord-Vrystaat het goeie reën ontvang die afgelope paar dae wat ‘n wonderlike begin is vir die seisoen.

Dairy Farmers of South Africa (DFSA), wat aan melkboere behoort en die grootste verkryger van onverwerkte melk in die land is, smelt saam met Coega Dairy, 'n Oos-Kaapse melkverwerker wat deur melkboere besit word. Landbou.com berig dié groep is nou die land se grootste verskaffer van langlewemelk, sê die voormalige uitvoerende hoof van DFSA en nou van Dairy Group, Drikus Lubbe. Hy het in 'n verklaring gesê al hoe minder melkboere kan dit op hul eie maak en kollektiewe aksie is dikwels die sleutel tot lewensvatbaarheid op lang termyn. DFSA, voorheen 'n vol-filiaal van Clover, het luidens die verklaring 120 jaar ervaring as markleier in die verkryging van onverwerkte melk en as verskaffer daarvan vir die vervaardiging van produkte onder vooraanstaande handelsmerke soos Clover. Coega Dairy bring laekostedoeltreffendheid en kennis van private handelsmerke na Dairy Group.

EN

Die Noordwes-provinsie het onlangs die Wêreldvoedseldag gevier deur onder meer vrugtebome en inheemse hoenders aan behoeftige inwoners te oorhandig. Die provinsiale LUR van landbou, Desbo Mohono, sê hierdie dag word herdenk om die bewustheid van armoede en honger onder inwoners te verhoog. Die LUR sê die provinsie het verskillende huishoudings van bokke, vrugtebome, inheemse hoenders en tuintoerusting voorsien. Mohono verduidelik dat vrugtebome gekies is omdat dit nie veel water nodig het om te kan oorleef nie. Net so met die inheemse hoenders - dit is vrylopende hoenders wat in enige weerstoestand kan oorleef.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.