On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Somerreën verwelkom

───   ELSABÉ RICHARD 17:33 Tue, 10 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Somerreën verwelkom | News Article

Somerreën het sedert die begin van vandeesmaand wydverspreid voorgekom, hoewel goeie neerslae nog nie algemeen oor alle gebiede van die somerreënvalstreek geval het nie.


Landbouweekblad berig Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê dit is egter die meeste reën wat in hierdie tyd van die jaar oor die sentrale tot oostelike dele van die land voorgekom het sedert ongeveer 2012 - met die uitsondering van 2014 toe goeie neerslae in November voorgekom het. Hy sê dit is wel betekenisvol dat goeie neerslae al kol-kol in bykans al die provinsies van die land voorgekom het. Sedert 4 November is meer as 25 mm in byvoorbeeld Kirstenbosch, Paarl, Ceres en Malmesbury in die Wes-Kaap gemeet. Gebiede in die somerreënvalstreek, wat al 25 mm of meer gehad het, sluit in Mahikeng, Rustenburg, Lichtenburg in Noordwes, en Kuruman, Kimberley en Prieska in die Noord-Kaap.. Goeie neerslae het baie gekonsentreerd in sommige gebiede geval. Op Prieska is 38 mm gemeet, terwyl dele rondom die dorp baie min of geen reën gekry het nie.


EN


Die westelike- en sentrale dele van die Noord-Kaap gaan steeds gebuk onder erge droogte. Dit is volgens Willem Symington, vise-president van Agri Noord-Kaap. Symington sê hulle is wel optimisties dat die droogte tydens die somerreënvalperiode gebreek sal word. Hy sê voorspellings vir goeie reënval lyk in hierdie stadium goed. Wat die droogtehulpfonds betref, sê Symington boere het steeds nie dié fondse ontvang nie. Hy sê die nasionale regering het reeds hierdie geld bewillig vir verligting maar dat dit nog nie beskikbaar gestel is nie. Symington verduidelik dat boere in die begin van hierdie somer hulleself in 'n posisie bevind waar hulle finansies te swak is om verdere veevoer aan te koop vir hulle diere. Hy sê die situasie op die grond is haglik.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.