On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veediefstalsake in VS sal voorkeur kry

───   ELSABÉ RICHARD 17:34 Thu, 12 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Veediefstalsake in VS sal voorkeur kry | News Article
Foto: Gallo

Die polisie in die Vrystaat sê veediefstalsake sal voorkeur kry.


Dit is volgens die provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, wat Donderdag tydens 'n ministeriële landelike veiligheid Imbizo in Bethlehem gepraat het. Motswenyane sê 'n taakspan sal aangestel word om bewerings oor polisiebetrokkenheid by veediefstal te ondersoek. Sy sê 'n vergadering is op 19 Oktober vanjaar aangevra nadat verskeie bewerings oor die polisie se betrokkenheid by veediefstal in die Senekal-, Paul Roux- en Bethlehem-distrikte geopper is tydens 'n vergadering met Minister Bheki Cele op die 13de Oktober. Diegene wat hierdie vergadering bygewoon het, sluit onder meer Vrystaat Landbou (VL), die Departement van Binnelandse Sake, en die Departement van Landbou in. Intussen sê Motswenyane daar is verskeie redes waarom veediefstal en plaasaanvalle plaasvind.

EN

Intussen het die polisie in die Vrystaat nog geen inhegtenisnemings gedoen ná die onlangse plaasaanval waartydens die 50-jarige boer, Mark Regal, vermoor is nie. Volgens polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, het twee verdagtes Woensdagaand by die Thelma-plaas naby Odendaalsrus aangekom terwyl Regal se vrou buite gesit het. Makhele sê sy het na wat verneem word een van die verdagtes geskiet, en toe Regal uit die huis kom, is hy glo deur een van die verdagtes geskiet. Regal en die verdagte is op die toneel dood verklaar. Die ander verdagte het van die toneel gevlug. Twee aanklagte van moord is geregistreer vir verdere ondersoek. Dit volg nadat OFM-nuus onlangs berig het dat die 26-jarige Eddie Hills, die seun van die 56-jarige Hennenman-boer, Pieter Hills, Woensdag in die hospitaal dood is ná 'n plaasaanval buite Hennenman verlede week waar hy met 'n mes gesteek is en sy pa noodlottig geskiet is.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.