Agriculture
Landbounuus-podcast: Hennenman plaasmoordverdagtes in hof─── ELSABÉ RICHARD 10:40 Mon, 16 Nov 2020
Twee verdagtes wat beskuldig word van die moord op 'n 56-jarige Hennenman-boer en sy 26-jarige seun, sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof in die Vrystaat verskyn.
Dit kom nadat Pieter Hills na bewering op 5 November in sy huis op Swartpan-plaas deur 'n groep aanvallers oorrompel is. Eddie, sy seun, het na bewering ná sy tuiskoms van die gymnasium af, die huis betree waarna hy gewond is. Hills is na bewering in die kop geskiet en is deur owerhede op die toneel dood verklaar. Eddie is in die hospitaal opgeneem waarna hy breindood verklaar is en verlede week aan sy wonde beswyk het. OFM-nuus se Elsabe Richard berig die Hennenman-polisie het aanvanklik vier verdagtes in die Phomolong-township in hegtenis geneem.
EN
'n Nuwe plantsoort is in die Noord-Kaapse Richtersveld Nasionale Park ontdek. ‘n Kurator van die Richtersveld-woestyn Botaniese Tuine, Pieter van Wyk, het die genus ontdek. Van Wyk het aan OFM-nuus gesê dat dit deel is van die genus Othonna-spesies wat endemies is aan Suider-Afrika. Die spesie behoort ook aan die sonneblomfamilie, Asteraceae. Die nuwe plant kan maklik onderskei word deur straalblommetjies en baie sappige blare. Van Wyk sê hy het die afgelope 18 jaar ‘n foto herbarium opgebou van die Richtersveld flora met meer as 25 000 foto's, asook meer as 4 000 voorbeelde van gedroogte ontdekte plante vir SANParke en SANBI herbariums.
OFM-nuus/Blaine Jones
