On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere sal voer in November/Desember ontvang

───   ELSABÉ RICHARD 17:14 Tue, 17 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Boere sal voer in November/Desember ontvang | News Article

Boere in droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap sal na verwagting teen die einde van November tot Desember vanjaar voer ontvang.


Dit kom nadat boere in dié gebiede nog nie vanjaar droogtehulpfondse ontvang het nie. Die woordvoerder vir die Departement van Landbou, Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Zandisile Luphahla, sê R36 miljoen van die Nasionale Rampbestuursfonds is vir droogtehulp aan die provinsie toegeken. Luphahla voeg by dat die departement met administratiewe prosesse begin het, soos die indiening van aansoeke en om diensverskaffers te identifiseer. Die indiening van aansoeke vir droogtehulpbefondsing in drie droogtegeteisterde distrikte, naamlik Namakwa, Pixley ka Seme en ZF Mgcawu, het reeds op 16 Oktober 2020 gesluit. OFM-nuus het vroeër berig dat die droeë toestande in sekere gebiede in die Noord-Kaap steeds 'n werklikheid is. Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê boere trek swaar in terme van die beskikbaarheid van weiding en veevoer vir hulle diere. Daarom het Agri Noord-Kaap by ander provinsies gaan aanklop vir droogtehulp. Hy sê van die buurprovinsies het aangedui dat hulle alles in die stryd gaan werp om hulp in terme van veevoer aan dié boere in nood te verskaf.


EN


Die waarde van jou veiligheid is soveel meer as die monetêre waarde wat jy nou daaraan kan koppel. Dit is volgens dr. Frikkie Maré, senior dosent en landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat. Maré gesels vandag oor die belangrikheid van veiligheid op plase na aanleiding van die onlangse plaasaanvalle en -moorde in die Vrystaat. Hy verduidelik dat indien daar gedink word aan veiligheid op plase, is dit 'n redelike duur oefening. Hy sê daar is verskeie veiligheidsmeganismes op die mark wat ten duurste aangeskaf kan word. Maré meen boere het nie altyd die kontantvloei om hierdie veiligheidsmeganismes te bekostig nie, aangesien uitdagings soos die voortslepende droogte in sekere distrikte ook 'n groot effek op boere se beursies het. Hy moedig boere, wat in staat is om ander te help, aan om diegene wat sukkel met veiligheid, by te staan om sodoende te verseker dat gemeenskappe in hulle gebiede beveilig is.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.