On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou verwelkom ondersoekspan na plaasaanvalle

───   ELSABÉ RICHARD 17:48 Wed, 18 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou verwelkom ondersoekspan na plaasaanvalle  | News Article

Vrystaat Landbou (VL) sê die aanstelling van ‘n span kundiges om plaasmoorde en –aanvalle in die provinsie te ondersoek word verwelkom.


Dit kom nadat die organisasie Maandag 'n betoging gelei het buite die Hennenman-landdroshof waar twee verdagtes, wat tereg staan vir Pieter en Eddie Hills se moorde, hulle borgtogaansoeke laat vaar het. Die President van VL, Francois Wilken, het aan OFM-nuus gesê sowat 400 lede het hierdie betoging bygewoon. Die organisasie het verder sy dank teenoor die Hennenman Boerevereniging, die gemeenskap van Hennenman en omliggende dorpe sowel as die publiek uitgespreek vir hulle ondersteuning tydens die betoging teen plaasmoorde in die dorp. Die organisasie is oortuig daarvan dat dit vertroue en steun gewerf het vir die plaasmoorde-veldtog, in ag genome die enorme hoeveelheid steun wat VL vanaf die publiek ontvang. Intussen bly die twee verdagtes in aanhouding en sal hulle na verwagting weer op 9 Desember in die Hennenman-landdroshof verskyn.


Daarmee saam kan die impak van misdaad en misdaadbekamping boere in net een Vrystaatse distrik R9,8 miljoen tot R20,7 miljoen per jaar kos. Dit is volgens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), wat sê dit is afgesien van die emosionele tol wat voortdurende waaksaamheid eis. Skokkende syfers oor die uitwerking van misdaad op die kommersiële landboubedryf in die Vrystaatse Goudveld het Maandag aan die lig gekom in Vrystaat Landbou se voorlegging in die Hennenmanse landdroshof, om borgtog vir die verdagte moordenaars van Pieter en Eddie Hills teen te staan. Luidens Landbouweekblad is tien mense die afgelope sewe maande op Vrystaatse plase vermoor, teenoor ses in die volle vorige boekjaar. Die helfte van die moorde tot dusver vanjaar – op drie boere en twee werkers – het in die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit voorgekom. Volgens Vrystaat Landbou se voorlegging is boere liggaamlik en emosioneel uitgeput omdat hulle 24 uur per dag aan diens moet wees, geen subsidie van die staat ontvang nie, en toenemend die polisie in landelike gebiede moet ondersteun.

EN

Die gebiede in die Wes-Vrystaat, wat in Oktober deur wegholveldbrande verwoes is, is deur die Vrystaatse premier Sisi Ntombela as rampgebiede verklaar. Dit kom nadat sowat 100 000 hektaar veld in die Hertzogville-, Hoopstad- en Boshof-distrikte deur dié veldbrande verwoes is. Die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, sê die party verwelkom dié aankondiging in die Staatskoerant. Die party sê in ‘n verklaring brande het elke jaar 'n verwoestende uitwerking op die landbousektor met verliese aan weiding van meer as  1,3 miljoen hektaar tussen 2014 en 2019. Die finansiële verliese is groot as daar onder meer gekyk word na die verwoeste hektaar in weiding, infrastruktuur en vee. Die party voeg verder by dit het 'n vernietigende impak op die vermoë van opkomende en kommersiële boere om volhoubare ondernemings te onderhou.





OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.