On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA se tweede grootste mielie-oes in geskiedenis

───   10:27 Fri, 27 Nov 2020

Landbounuus-podcast: SA se tweede grootste mielie-oes in geskiedenis | News Article

Met 15,41 miljoen ton kan Suid-Afrika spog met sy tweede grootste mielie-oes in die geskiedenis en ook die tweede hoogste opbrengs ooit van 5,90 t/ha.


Saam hiermee word die grootste koringoes in 18 jaar verwag. Lanbou.com berig die Nasionale Oesskattingskomitee het sy finale skatting vir die 2019-20-bemarkingsjaar vir somergewasse bekend gemaak en die totale mielie-oes is met 12 000 ton (0,08%) verlaag teenoor die vorige skatting. Die grootste oes ooit was in 2017 toe 16,74 miljoen ton kommersiële mielies gestroop is teen 'n opbrengs van 6,40 t/ha.

Die wêreldwye onsekerheid oor die stand van Covid-19 en die Rand wat die afgelope maand konstant versterk het teenoor die vernaamste geldeenhede, het weer eens vandeesweek 'n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse wolmark gehad. Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat onder meer  die groot hoeveelheid bale wat op die volgende veiling aangebied gaan word, moontlik die wolmark negatief kan beïnvloed. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Hy voeg by dat 37% van wol wat aangebied is, Merinowol was. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 2 Desember 2020, waar 18 357 bale aangebied sal word. Dit is dan ook die laaste veiling van 2020.

EN

Die landbou-organisasie TLU-SA sê die leier van die EFF, Julius Malema, hou ‘n bedreiging in vir stabiliteit en sosiale samehorigheid in die land. Die SABC berig die organisasie het ‘n klag van terreur teen Malema gelê, vir die aanhitsing van geweld teen polisielede. TLU SA het verwys na Malema se toespraak verlede naweek op Zastron in die Vrystaat waar hy polisielede gedreig het dat daar individueel met hulle afgereken sal word, selfs by hul huise. Malema het gesê diegene in polisieuniform misbruik hul mag. Die EFF beskuldig die polisie van uitermatige geweld en samespanning met die wit gemeenskap tydens verlede Vrydag se protesoptrede by die Hoërskool Brackenfell wat handuitgeruk het toe duisende EFF-lede, in plaas van honderd soos ooreengekom, opgedaag het. Afriforum en Solidariteit het gesamentlik ook strafregtelike aanklagte teen Malema gelê.



OFM-nuus/Elsabé Richard/SABC/Landbou.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.