On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA spog met mielie-oes

───   ELSABÉ RICHARD 15:08 Fri, 27 Nov 2020

Landbounuus-podcast: SA spog met mielie-oes | News Article

Met 15,41 miljoen ton kan Suid-Afrika met sy tweede grootste mielie-oes in die geskiedenis spog en ook die tweede hoogste opbrengs tot op hede, naamlik 5,9 ton per hektaar.


Daarmee saam word die grootste koringoes in 18 jaar verwag. Luidens Landbouweekblad het die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) pas sy finale skatting vir die 2019-’20-bemarkingsjaar vir somergewasse bekend gemaak en die totale mielie-oes is met 12 000 ton verlaag teenoor die vorige skatting. Vanjaar se oes is 37% groter as verlede jaar se oes. Volgens die NOK se syfers was die oppervlakte onder witmielies 1,6 miljoen hektaar en dié onder geelmielies 995 000 hektaar, terwyl daar 8,60 miljoen ton witmielies en 6,74 miljoen ton geelmielies gestroop is. Wat koring betref, dui die vierde skatting vir wintergewasse nou op ’n koringoes van 2,15 miljoen ton, wat 14 000 ton meer is as die vorige skatting. Sowat 52% van vanjaar se produksie kom uit die Wes-Kaap,
20% uit die Vrystaat en 13% uit die Noord-Kaap.

Opkomende boere in die Vrystaat het Vrydag sertifikate ontvang nadat hulle landbou-opleidingskursusse voltooi het. Die minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thoko Didiza, het hierdie sertifikate tydens 'n gradeplegtigheid op die Sernick-plaas in Edenville aan dié opkomende boere oorhandig. Dit kom nadat ongeveer 120 opkomende boere van omliggende dorpe in die Vrystaat ingeskryf het vir verskillende landboukursusse wat deur die Sernick-groep aangebied is. Intussen sê Vrystaatse LUR vir Landbou, William Bulwane, dit is goed om te sien dat beide vroue en mans aan hierdie programme deelgeneem het.

EN

Op 2 Desember 2020 vereer OFM landbougemeenskappe in Sentraal-Suid-Afrika met 'n dag wat aan hierdie onbesonge helde toegewy is aangesien hulle hierdie edele ‘beroep van hoop’ beoefen. Skakel in tussen 05:00 – 19:00 om met landbou-ikone uit die streek kennis te maak en uit te vind hoe om hulp aan hierdie belangrike sektor te verleen, wat die lewensaar van baie gemeenskappe is. Indien jy self betrokke by landbou is, laat weet ons waarmee jy boer, wat jou trots maak om 'n boer, werker of bydraer tot die waardeketting te wees, of stuur 'n boodskap van bemoediging om boere te bedank vir wat hulle elke dag vir ons doen. Gaan na ofm.co.za, en kliek op die Farmer Appreciation Day-banier op die tuisblad vir meer inligting. Deel foto's en video's op OFM se sosiale platforms met #OFMFarmerDay.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.