On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou-unies, VS-polisie skeduleer opvolgvergadering

───   ELSABÉ RICHARD 12:06 Wed, 02 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Landbou-unies, VS-polisie skeduleer opvolgvergadering  | News Article

‘n Opvolgvergadering is geskeduleer vir Januarie 2021 tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en verskeie landbou-unies in die Vrystaat.


Dit kom nadat Vrystaat Landbou ‘n vergadering belê het tussen die Harrismith Distrikslandbou-unie, Verkykerskop Landbou, Sterkfontein Landelike Veiligheid en lede van die polisie op 23 November vanjaar. Vrystaat Landbou sê in ‘n verklaring hierdie vergadering volg op ‘n versoek vanaf die Harrismith Distrikslandbou-unie vir hulpverlening met probleme wat betrekking het tot dienslewering sowel as die aanspreek van klagtes wat deur die boerderygemeenskap in die area ondervind word en met senior bestuur van die polisie in die Oos-Vrystaat gekommunikeer moet word. Van die kwellende kwessies wat tydens dié vergadering geopper is, is onder meer die beskikbaarheid van hulpbronne en mannekrag, vertroue tussen die gemeenskap en die polisie, en die misdaadsituasie langs die Lesotho-grens.

Boere in die Noordwes is verheug oor die reënval in die provinsie. Volgens Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, is die produksieseisoen in volle swang en boere het reeds begin plant. Ten spyte van hierdie goeie nuus, sê Du Toit is daar steeds uitdagings wat die landbougemeenskappe in die provinsie in die gesig staar. Hy verduidelik dat die grootste brandpunt tans in die provinsie die misdaadsituasie is, wat veediefstal insluit. Du Toit voeg by dat ander uitdagings die toename in grondbesettings insluit - wat verskeie gedaantes aanneem - sowel as die plaaslike polisie se versuim om op te tree teen oortreders. Du Toit voeg by dat die organisasie nou kyk na regsaksies vir die instel van regsverydeling en ook ander klagtes wat moontlik Agri Noordwes sal help om uitdagings aan te spreek.

EN

Daar baie onkunde rakende droogtegebiede in die Noord-Kaap. Dit is volgens Elria Steinberg, die stigter van die projek, Boks Voer vir 'n Boer. Sy sê die Namakwaland-streek het voor die blommeseisoen goeie reën gekry wat toeriste na die gebied gelok het, maar dat die Boesmanland-streek wat Pofadder en Aggeneys insluit steeds onder erge droogte gebuk gaan. Die Boks Voer vir 'n Boer-projek behels 'n aanlynwinkel waar pakkette vir veevoer beskikbaar is en waarvan weldoeners kan kies. Die pakkette kan dan deur 'n weldoener gekoop word en die geld gaan aan boere, wat reeds geïdentifiseer is vir dié inisiatief.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.