On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kosinflasie effens verhoog

───   ELSABÉ RICHARD 10:36 Thu, 03 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Kosinflasie effens verhoog | News Article

Met die oog op die komende feesgety kan verbruikers tereg wonder of die laer kosinflasie verby is, meen landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy sê dit, soos kosinflasie in Oktober 2020 op dieselfde vlak as in Augustus 2017 was. Hy sê hooflyn-inflasie het ook effens verhoog in Oktober, maar is op 3.3% ruim onder die Reserwebank se teikens. Vir die verbruiker het dié syfers egter maar min waarde, want dit verskil ooglopend van wat hulle aan hul beursie voel. Hy verduidelik die Nasionale Bemarkingsraad verwerk werklike pryse vir ‘n mandjie van 28 items en daardie mandjie het vir die jaar tot September 2020 met meer as 10% toegeneem. Hy sê die goeie nuus is dat Suid-Afrika die grootste koringoes die afgelope twee dekades verwag, met die verwagte kanola- en gars-oes die grootste in die geskiedenis.

EN

‘n Video van ‘n swerm sprinkane wat in die rigting van Edenburg in die Vrystaat vlieg en byna soos ‘n stofwolk lyk, is deur Vrystaat Landbou (VL) op 'n sosiale media platform geplaas. Die organisasie se distriksprinkaanbeampte, Junior Jacobs, sê hierdie sprinkane broei gewoonlik uit ná reënval in droë gebiede. Jacobs sê die rede waarom ons tans soveel sprinkane sien, is as gevolg van die onlangse reën na lang droogtes wat veral in die Noord-Kaap ondervind is. Hy verduidelik dat sprinkane eiers lê tydens droogtes - maar dat die toestande nie geskik is om uit te broei nie.  Hy voeg by dat sprinkaaneiers vir jare lank in veral sandgrond kan oorleef en sodra die ideale toestande voorkom, dan broei die eiers uit. Jacobs sê verder boere kan ontslae raak van swerms op hulle landerye deur hulle met spuitmiddels wat deur die plaaslike departement van landbou verskaf word te spuit. Hy sê sodra die sprinkane kan vlieg, moet hulle bewegings gemonitor word. Sprinkane is koudbloedig so sodra hulle gaan "sit" by sononder, dan kan hulle gespuit word tot die eerste sonstrale verskyn. 'n Ander opsie is om hulle op te jaag en so ontslae te raak van die sprinkane.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.