On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister bevestig sprinkaanuitbraak

───   ELSABÉ RICHARD 14:00 Fri, 04 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Minister bevestig sprinkaanuitbraak | News Article

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het bevestig dat die land tans uitbrekings van sprinkane in die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap ervaar.


Volgens 'n artikel wat deur The South African gepubliseer is, het Didiza in 'n verklaring wat Donderdag bekend gemaak is, verduidelik dat die swerms deur sterk wind en droë toestande aangehelp word. Spesialiste werk nou saam met die departement om die situasie onder beheer te kry. Boere word versoek om saam met nasionale en plaaslike amptenare te werk om die uitbrekings te bestuur. OFM-nuus het vroeër berig dat Vrystaat Landbou (VL) se distriksprinkaanbeampte, Junior Jacobs, verduidelik het dat sprinkane eiers lê tydens droogtes maar dat die toestande nie dan vir hulle geskik is om uit te broei nie. Hy voeg by dat sprinkaaneiers vir jare lank in veral sandgrond kan oorleef en sodra die toestande meer ideaal is, dan broei die eiers uit.

Terwyl die verhoging in dieselpryse gewoonlik deur graanboere gevoel word tydens die aanplantingsproses, het goeie reën boere in die sentrale en westelike dele van die land in staat gestel om vroeër aanplantings te doen, wat hulle help om die gevolge van die onlangse styging in dieselpryse af te weer. Dit is volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz. Vanaf 2 Desember het albei grade 93 en 95 met ongeveer 13c per liter afgeneem, terwyl die prys van diesel, 0,05% en 0,005% swael, met 19,86c per liter gestyg het. Volgens 'n verklaring van Central Energy Fund, het paraffien ook met 28,86c per liter gestyg. Sihlobo en Ikageng Maluleke, 'n ekonoom van Graan SA, het gesê dat brandstof 'n belangrike aspek van graanboerdery is, wat tussen 11% en 13% van die graanproduksiekoste uitmaak. Sihlobo het bygevoeg dat die brandstofverbruik hoër was gedurende die plantseisoen, wat beteken dat 'n styging in die prys van diesel boere se produksiekoste direk beïnvloed het.

EN

Die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO) betreur die dood van een van sy langsdienende voorsitters, Dingane Mahlangu, wat op 1 Desember oorlede is na 'n lang siekte. Aggrey Mahanjana, die groepbesturende direkteur van NERPO, sê die dood van Mahlangu het hom hartseer gelaat en sê hy was deur die boeregemeenskap bewonder en lief gehad. Mahlangu het vanaf 2013 tot 2020 as NERPO-voorsitter gedien. Mahlangu is in die vroeë oggendure van Dinsdag oorlede.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.