On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Maatreëls in plek rakende sprinkaanplaag

───   ELSABÉ RICHARD 11:46 Tue, 08 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Maatreëls in plek rakende sprinkaanplaag | News Article
Image: BBC

Die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling het maatreëls ingestel om die verspreiding van sprinkane in die provinsie te beperk.


Dit is volgens die LUR, Mase Manopole. Sy het die aankondiging gedoen nadat dit geïdentifiseer is dat die uitbreking in die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit plaasgevind het, wat onder meer De Aar, Prieska en Colesberg insluit. Manopole se aankondiging volg nadat minister van landbou, Thoko Didiza, verklaar het dat die land tans uitbrekings van sprinkane in die Noord-Kaap, Vrystaat en Wes-Kaap ervaar. Intussen het OFM-nuus Vrydag berig Vrystaat Landbou verklaar dat swerms sprinkane in die Edenburg-distrik in die Vrystaat in daardie stadium onder beheer was. Jack Armour, bedryfshoof van Vrystaat Landbou, het gesê volgens 'n plaaslike sprinkaanbeampte, Gert Greyvenstein, is die swerms in die Smithfield-, Springfontein-, Vanstadensrus- en Reddersburg-omgewing opgemerk en bespuit.

EN

Winste in die pluimveebedryf toon ‘n geweldige afname. Volgens Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging (SAPV), is daar twee redes vir hierdie afname, waarvan een die uitwerking van Covid-19 op die bedryf is. Hy verduidelik dat resultate wat deur maatskappye vrygestel is, toon dat winste ‘n afname toon. Breytenbach verduidelik dat voor die uitbraak van die virus in Suid-Afrika, is sowat 200 000 ton hoender per maand verbruik, wat nou afgeneem het na ongeveer 170 000 ton per maand. Wanneer daar gekyk word na vooruitsigte vir die bedryf in 2021, sê Breytenbach daar is verwagtinge dat die bedryf onder druk gaan wees weens die newe-effekte van die pandemie op die bedryf.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.