On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister spreek media toe oor #Covid19-fonds

───   ELSABÉ RICHARD 14:49 Tue, 08 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Minister spreek media toe oor #Covid19-fonds | News Article
Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, sal in vennootskap met Total SA die media inlig oor die COVID-19 Landbou-ondersteuningsfonds.


Dié fonds is gerig op vroulike boere wat swaar getref is deur die koronavirus. As deel van die bevordering van die openbare-private vennootskap in landbou en voedselsekerheid, het Total SA R1,35 miljoen as steun vir 36 vroulike boere geborg. Vroue wat voorheen begunstigdes was van die Vroulike Entrepreneur-Toekenningsprogram en in ernstige nood verkeer weens die pandemie, sal hierby baat. Hierdie ondersteuning sal die belangrikheid van die vennootskap tussen Total SA en die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vir die bevordering van die bemagtiging van vroue in die sektor help versterk en herbevestig. Sodoende word vroue ook die geleentheid gebied om by te dra tot voedselsekerheid, werkskepping en armoedeverligting. Die media inligtingsessie vind Donderdag 10 Desember om 12:00 by die Tshedimosetso-huis in Hatfield, Pretoria, plaas.

Daarmee saam het Didiza Maandag aangekondig dat haar department R1 miljard opsy gesit het om bestaansboere regoor die land te help. Sy sê Covid-19 het 'n groot invloed op hierdie boere. Didiza voeg by dat haar departement voorkeur aan vroue in die sektor sal gee. Sy het verduidelik dat die fondse in Oktober deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is met die doel om werk in die landbousektor te skep en te onderhou. Aansoeke vir die pakket word op Donderdag 10 Desember geopen en sal op 22 Desember sluit. Die hoeveelheid ondersteuning sal wissel tussen R1000 en R9000, afhangende van die produksieskaal. Aansoeke is gratis en aansoekvorms kan verkry word deur die kode *134*4536# vanaf enige selfoon te skakel.

EN

Die Plaas Landbou Jeugstigting is op die been gebring om die waardeketting van landbou reeds op landbouskolevlak te begin. Dit is volgens Albert Loubser van Nampo Alfa wat byvoeg dat die jeug op hierdie wyse tot die sektor kan toetree en hulle plek in die hoofstroom van landbou kan inneem. Hy sê daar is drie aspekte wat die stigting probeer aanspreek. Die aspekte sluit onder meer in om die landboubedryf daaraan te herinner dat landbouskole 'n belangrike rol in die waardeketting speel.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.