Agriculture
Landbounuus-podcast: Aansoeke vir stimuluspakket open─── ELSABÉ RICHARD 12:12 Wed, 09 Dec 2020
Aansoeke vir die presidentiële stimuluspakket ter waarde van R1 miljard, open Donderdag.
Die aankondiging is Maandag deur die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, gemaak. Didiza het bygevoeg dat hierdie stimuluspakket slegs gerig is op bestaansboere wat ondersteun sal word met koopbewyse vir boerderye om hulself te onderhou, terwyl hulle die voedselwaardekettings in die sektor ondersteun. Sy sê Covid-19 het 'n groot invloed op hierdie boere en het bygevoeg dat haar departement voorkeur aan vroue in die sektor sal gee. Die fondse - in Oktober deur president Cyril Ramaphosa aangekondig - het die doel om werk in die landbousektor te skep en te onderhou. Aansoeke is gratis en die hoeveelheid ondersteuning sal wissel tussen R1000 en R9000, afhangende van die produksieskaal.
EN
Hierdie tyd van die jaar word nie net deur feesvieringe en vakansies gekenmerk nie, maar ook ‘n toename in veediefstal en plaasaanvalle. Dit is luidens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), wat sê boere moet en alle tye veiligheidsmaatreëls volg om plaasmisdaad te voorkom. Een van hierdie maatreëls is om hul onmiddelike omgewing te beveilig. Buys voeg by dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ook elke jaar die Veiliger Feesseisoen-operasies van stapel stuur as gevolg van die toemane in misdaad dié tyd van die jaar. ‘n Ander belangrike aspek is dat boere alle misdaadinsidente wat in landelike gebiede plaasvind, hetsy eiendomsverwant of veediefstalverwante, by die naaste beheerkamer moet aanmeld. Daar is tans sowat 20 beheerkamers in die Vrystaat wat omtrent 32 dorpe bedien. Sy sê ook dat boere hulleself moet bemagtig met die nodige kennis en opleiding om sodoende hulleself, hulle families en werkers te beskerm. Sy sê VL kyk daarna om opleidingsessies weer in Januarie 2021 voort te sit.
OFM-nuus
