On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS plaasaanvalle- en moordstatistieke bekendgestel

───   ELSABÉ RICHARD 17:34 Wed, 09 Dec 2020

Landbounuus-podcast: VS plaasaanvalle- en moordstatistieke bekendgestel | News Article

Die nuutste plaasaanvalle- en moordstatistieke is in die Vrystaat bekendgestel.


Luidens Vrystaat Landbou (VL) het 53 plaasaanvalle wat 9 moorde insluit gedurende die periode 1 April tot 30 November 2020 plaasgevind. Die veiligheidsrisiko-analis van VL, dr. Jane Buys, sê daar was 20 aanvalle op werkers, wat voormanne en sekuriteitswagte insluit, terwyl 16 aanvalle op produsente en hul families was. Die organisasie sê in 'n verklaring, in ander gevalle is vier persone aangeval wat woonagtig op plase en kleinhoewes was, een insident was ‘n spekulant, twee opkomende boere is aangeval en in een geval is ‘n produsent sowel as werkers aangeval. Daarmee saam was kinders in vier van die plaasaanvalle slagoffers. Wanneer daar gekyk word na statistieke vir 2019, sê Buys was daar 34 plaasaanvalle, wat 6 moorde ingesluit het. Sy noem dat dit dus op ‘n toename van 19 plaasaanvalle en moorde in die Vrystaat dui.

Een van die verdagtes in die Brendin Horner moordsaak, Sekola Matlaletsa, is in die landdroshof op Senekal borgtog geweier in ‘n onverwante saak. Matlaletsa is vroeër borgtog van vyfduisend rand toegestaan in die Horner-saak, terwyl sy medebeskuldigde, Sekwetje Mahlamba borgtog geweier is. Luidens die SABC is Matlaletsa op dieselfde dag wat hy op borgtog vrygelaat is, weer in hegtenis geneem op aanklagte van veediefstal, verkragting en ontvoering. Hy is Dinsdag borgtog geweier op die veediefstal aanklag, waarna hy sy borgtogaansoek op die ander aanklagte laat vaar het. Die saak is uitgestel tot 22 Januarie.

EN

Die landbousektor se bruto binnelandse produk (BBP) vir die derde kwartaal vanjaar, wat volgens Statistieke Suid-Afrika met 18,5% op 'n kwartaalgrondslag gegroei het, bly indrukwekkend. Dit is volgens Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB Landbou. Landbouweekblad berig Makube sê veld- en tuinbougewasse, asook diereprodukte, het ’n sterk bydrae tot die sektor se groei gelewer. Daarmee saam het ’n kombinasie van goeie uitvoer, hoë kommoditeitspryse en die reuse-oes van somergewasse winste in die onderskeie bedrywe ’n hupstoot gegee. Volgens Makube het die totale mielie-uitvoer met 235% tot 963 441 ton in die derde kwartaal toegeneem teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. In die huidige bemarkingseisoen, wat van Mei 2020 tot April 2021 strek, is reeds 1,78 miljoen ton mielies verskeep. Dit verteenwoordig ’n toename van 159% op ’n jaargrondslag.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.