On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK deur uitbreking van sprinkane geraak

───   ELSABÉ RICHARD 17:11 Thu, 10 Dec 2020

Landbounuus-podcast: NK deur uitbreking van sprinkane geraak | News Article

Tot dusver word 13 gebiede in die Noord-Kaap deur die uitbreking van sprinkane geraak.


Luidens die provinsiale LUR vir landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mase Manopole, sluit hierdie gebiede onder meer Colesberg, Noupoort, Hanover, Richmond, De Aar, Britstown en Victoria-Wes in. Manopole sê die uitbrake in Noord-Kaap het ook ander provinsies soos die Oos- en Wes-Kaap geraak. As gevolg van windrigting het sprinkanne na die Vrystaat gevlieg - waar gebiede soos onder meer Smithfield, Rouxville, Edenburg, Reddersburg, Springfontein en Dewetdorp geraak is. Die nasionale departement sal na verwagting volgende week in die Noord-Kaap en ander gebiede wat geraak word deur die sprinkane ontbied word.

Aansoeke vir die presidensiële stimuluspakket ter waarde van R1 miljard open Donderdag. Dié aankondiging is Maandag deur die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, gedoen. Didiza het bygevoeg dat hierdie stimuluspakket slegs gerig is op bestaansboere wat ondersteun sal word met koopbewyse vir boerderye om hulself te onderhou, terwyl hulle die voedselwaardekettings in die sektor ondersteun. Sy sê Covid-19 het 'n groot invloed op hierdie boere en het bygevoeg dat haar departement voorkeur aan vroue in die sektor sal gee. Die fondse, wat in Oktober deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, het ten doel om werk in die landbousektor te skep en te onderhou. Aansoeke is gratis en die hoeveelheid ondersteuning sal wissel tussen R1000 en R9000, afhangende van die produksieskaal.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingpryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R43,07 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,02 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,08 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.