On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Verdagte in hegtenis na Smithfield plaasmoord

───   ELSABÉ RICHARD 11:40 Tue, 15 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Verdagte in hegtenis na Smithfield plaasmoord | News Article

'n 43-jarige verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem in verband met 'n vermeende plaasaanval op die plaas Korhaanfontein in Smithfield in die Vrystaat.


Dit volg nadat die liggaam 'n 43-jarige vrou, wat betroubaar geïdentifiseer is as Poenkie Bissett, glo deur haar man Arthur gevind is. Motansi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is by sy huis in Smithfield aangekeer nadat die polisie inligting opgevolg het wat tot sy in hegtenisname gelei het. Die verdagte is in besit van besittings van die oorledene gevind. Items soos oorbelle, 'n trouring en kontant is in die verdagte se besit gevind. OFM-nuus se Elsabé Richard berig Makhele voeg by dat die moontlikheid van nog in hegtenisnames bestaan.

EN

Die gevare van die voorgestelde Onteieningswysigingswet is tydens 'n media konferensie deur Vrystaat Landbou (VL) uitgewys. Die organisasie het bekend gemaak dat die nuut voorgestelde Onteieningswetsontwerp alle bates van alle landsburgers teiken. Die president van VL, Francois Wilken, sê in algemene diskoers word daar verkeerdelik aangeneem dat slegs landbougrond die teiken van onteiening sonder vergoeding is. Hy waarsku egter dat hierdie wet nie net geld vir boere en grondeienaars nie, maar vir elke individu se eiendomsreg ook. Daarmee saam het Dr Jack Armour, VL bedryfbestuurder en Annelize Crosby, Agri SA hoof van Grondsake, probleme met die Onteieningswet uit gelig. Hierdie probleme sluit in, onder andere, dat alle bates deur hierdie wetgewing geteiken kan word en dat die wet breë algemene kategorieë daarstel waarbinne onteiening sonder vergoeding kan plaasvind. Die organisasie raai enige persoon wat die Onteieningswysigingswet wil teenstaan aan, om hul inset op Vrystaat Landbou se webwerf aan te teken. Hierdie inset sal aan die parlement oorhandig word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.